Radiokansel weerspieël ‘n nuwe era met sy nuwe logo
In Augustus 2025 vier Radiokansel sy 44ste bestaansjaar. Oor meer as vier dekades heen het die radiostasie ontwikkel in ‘n bediening. Ons het ‘n verskeidenheid platforms wat oral in die wêreld gehoor kan word.
Aangesien Radiokansel aanlyn beskikbaar is, kan luisteraars inskakel vanaf Stilbaai tot Sydney, en verder! Hierdie ontwikkeling het gelei dat die radiostasie besluit het om sy logo te vernuwe met ‘n vars ontwerp wat die 657AM-frekwensie uitsluit.
Radiokansel bereik nou duisende meer mense met die beskikbaarheid van aanlyn platforms. Dit het noodsaaklik geword om te weerspieël dat die stasie ook aanlyn beskikbaar is. Volgens Jean Lung-Harmse, Korporatiewe Kommunikasiebestuurder van Radiokansel, ken luisteraars die stasie as Radiokansel. Hulle verwys nie noodwendig na 657AM as deel van die naam nie – ‘n naam wat intussen ‘n bekende handelsmerk in Suid-Afrika geword het.
Vir ‘n radiostasie soos Radiokansel het aanlyn uitsaai ondenkbare geleenthede geskep om nie net mense met die boodskap van Jesus Christus te bereik nie, maar ook om bestaande en nuwe luisteraars aan te moedig en te inspireer om ‘n betekenisvolle verhouding met Hom te hê.
Dit is nie die eerste keer dat Radiokansel groot stappe neem om sy uitsaaivoetspoor uit te brei nie. In 2006, nadat Radiokansel die nuus ontvang het dat dit nie meer ‘n nasionale FM-frekwensie met ‘n ander radiostasie sou kon deel nie, was die beste opsie om oor te skakel na mediumgolf op 657AM. Dit het beteken dat Radiokansel ‘n wyer luisteraarsbasis kon bereik as ‘n plaaslike FM-stasie, aangesien nasionale FM-frekwensies reeds aan bestaande kommersiële radiostasies toegeken is. Hoewel die skuif nie ons besluit was nie, het dit wel gebeur. Tot almal se verligting het Radiokansel nie net oorleef nie, maar gefloreer, danksy sy lojale luisteraars.
Vandag word ons nie gekonfronteer met ‘n byna onwillekeurige skuif na ander uitsaai-platforms nie. Inteendeel, ons kies om na aanlyn platforms te beweeg, bo en behalwe 657AM/MG.
As jou daaglikse resigenoot is ons nou 24 uur per dag, 7 dae per week beskikbaar – met net ‘n druk van ‘n knoppie.
Luisteraars skakel reeds aanlyn in
- Op ons webblaaie by www.radiokansel.co.za en www.radiopulpit.co.za;
- Op DStv 882 en OpenView 607;
- Op ons toep;
- Op eksterne toep-blaaie wat Radiokansel se toep dra;
- Deur potgooie af te laai;
- Deur ons inhoud op YouTube te kyk; en
- Deur regstreekse uitsendings op Facebook te volg.
Familie
Ons noem ons luisteraars ons familie en bied hulle daaglikse oordenkings aan via ‘n verskeidenheid platforms. Dit sluit in ‘n gedrukte boekie, oordenkings op die Radiokansel WhatsApp-kanaal, die toep, die webblaaie en via e-pos!
Radiokansel beweeg saam met die tye – en die keuse van die radiostasie se nuwe logo weerspieël dit. Nie net het die stasie nuwe tegnologiese ontwikkelinge verwelkom nie, maar ook nuwe, jong luisteraars, wat dit ‘n stasie maak wat jonk en oud bereik.
Kies om Radiokansel, jou daaglikse reisgenoot, vandag te luister op die aanlyn platform van jou keuse.
Luister regstreeks op www.radiokansel.co.za, DStv 882, OpenView 607, ons toep of 657AM.