Die Woord vir Vandag
2019-06-11
Jou Vader hou jou vas!
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Op 'n warm middag in Florida, het 'n seuntjie wat in 'n dam agter sy huis geswem het, nie die krokodil wat hom volg gesien nie. Sy pa, wat besig was om in die tuin te werk, het dit gesien en vir sy seuntjie geskree om om te draai, maar dit was te laat! Net toe die seuntjie by sy pa kom, het die krokodil op die seuntjie afgestorm. Die pa het sy arms gegryp en die krokodil het sy bene beetgekry. Die krokodil was vasberade, maar die pa was te passievol om te laat gaan. 'n Boer wat verby gery het, het die gille gehoor, uit sy bakkie gespring en die krokodil doodgeskiet. Die seuntjie het wonderbaarlik oorleef en na weke in die hospitaal het die plaaslike koerant met hom 'n onderhoud gevoer. Hy het vir die joernalis die vreeslike littekens aan sy bene gewys en met duidelike trots bygevoeg: 'Ek het ook groot merke aan my arms, want my pa het my vasgehou en wou my nie laat gaan het nie!' Jesus het gesê: 'Ek sal ook die ewige lewe aan hulle gee, en hulle sal so nimmer as te nooit verlore gaan. Niemand sal hulle uit my hand steel nie.' Dit beteken nie dat die Vyand nie sal probeer nie. Hy sal jou laat dink dat jy so ver van God af is dat daar geen pad huis toe is nie. Hy sal ander stuur om jou met moedeloosheid en skuldgevoelens aan te val. Jy mag dalk selfs slegte besluite neem wat geestelike en emosionele littekens kan laat, maar wanneer jy aan God behoort kan niemand anders jou wegvat nie! Geen omstandighede kan jou van sy liefde skei nie (sien Romeine 8:38). Jou Vader hou jou vas! Laat hierdie kragtige woorde van versekering jou vandag vrede gee.
Sielskos: 2 Kon 18:17-20:21; Mark 13:24-37; Ps 80:12-19; Spr 13:13-16
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseรซn het by gospel@radiokansel.co.za






