Die Woord vir Vandag

2019-09-21

Tree terug en sien die groter prentjie

Geskryf deur Bob and Debby Gass

1 Korintiërs 16:9 NLV

Een dag het die Kamer van Koophandel in 'n klein dorpie 'n suksesvolle besigheidsman uitgenooi om hulle te kom toespreek. Die plaaslike ekonomie was sleg en hulle was mismoedig, dus was dit sy werk om hulle te motiveer. Hy het 'n groot stuk papier geneem en 'n rooi kolletjie in die middel van die papier gemaak. 'Wat sien jy?' het hy vir die gehoor gevra. Een persoon het geantwoord: 'Ek sien 'n rooi kolletjie.' Die spreker het gesê: 'Goed, maar wat anders sien jy?' Ander mense het ook begin antwoord: "'n Rooi kolletjie." Die spreker het gevra: 'Sien julle niks anders behalwe die kolletjie nie?' Die gehoor het soos een man geantwoord: 'Nee!' Die spreker sê toe: 'Julle kyk die belangrikste ding mis; julle sien nie die groot stuk papier raak nie!' Hy het voortgegaan om te verduidelik dat ons aandag dikwels in die lewe deur die klein kolletjie-mislukkings en -ervarings afgetrek word. Dit weerhou ons daarvan om ons seëninge en suksesse, wat belangriker as die teleurstellings wat ons aandag probeer monopoliseer en ons energie dreineer, te sien. Paulus het geskryf: 'want hier staan nou 'n wye deur oop en daar is baie mense wat reageer. Daar is egter ook baie teenstanders.' Paulus het nie die realiteit van die teenstand waarvoor hy te staan gekom het ontken nie; hy het net besluit om eerder op die geleentheid wat dit meebring, te fokus. 'n Digter het geskryf: 'Two men looked through prison bars. One saw mud, the other stars.' Waarna kyk jy? Is jy so besig met dit wat is dat jy dit wat kan wees uit die oog verloor het? Indien dit die geval is, tree terug en vra God om jou te help om die groter prentjie te sien.

Sielskos: 1 Sam 11-13; Matt 26:69-27:10; Ps 13; Spr 21:22-27

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background