Die Woord vir Vandag

2022-09-26

Gedagtes wat floreer

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Filippense 4:8 NLV

Die apostel Paulus het vir ons gesê waarmee ons ons gedagtes moet voed: '...beplan alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is.'

John Ortberg skryf: 'Ons gedagtes word die hele tyd gevorm, maar ons het groot vryheid om gedagtes wat floreer, na te streef. Soos 'n by wat nektar in alle soorte blomme kan vind, is ons nou vry - en word ons selfs beveel - om ons gedagtes met edele gedagtes te voed, waar ons dit ook al kan kry. Die Bybel self beveel ons om verby slegs die Bybel te kyk om ons gedagtes te voed. Kom ons mediteer 'n oomblik op die frase: 'wat... lieflik... is.' Dink aan iets wat vir jou 'lieflik' is. 'n Sonsondergang. Jou gunstelingboek. 'n Geliefde se gesig. Musiek wat jou laat dans. Laat jou gedagtes vir 'n oomblik daar stilstaan. Rig jou fokus daarop. Jy het so pas die Bybel gehoorsaam. Jy het so pas jou gedagtes vir die Heilige Gees oopgemaak om daardeur te vloei. Die Heilige Gees se doelwit is nie net om jou sover te kry om kwaai gevoelens te onderdruk nie. Die doel is ook dat jou gedagtes deur 'n steeds toenemende vloei van Geesgeleide, waarheidsgebaseerde, lewensproduserende gedagtes en gevoelens, gekenmerk moet word. Wanneer ons iets edels lees; wanneer ons iets sien wat lofwaardig is, voel ons liggame sommer ligter. Ons emosies word geïnspireer en ons voel dat ons onsself wil verbeter. Dit tel as gehoorsaamheid aan die Skrif. Dit is geestelik.'

Sielskos: Num 29:1-6; Matt 24; Op 11:15-19; 1 Kor 15:50-58

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background