Die Woord vir Vandag
2019-10-08
Wanneer jy aanbid, dien jy God
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Die laaste vers van die laaste Psalm in die Bybel sê: 'Laat alles wat lewe, die Here loof! Loof die Here!' (Psalm 150:6 NLV). Dit beteken dat jy, so lank as wat jy lewe, geroep is om God te aanbid. Sommige van ons is geroepe om lofprysers in die kerk te wees, terwyl ander van ons geroepe is om werkers te wees. Terwyl almal van ons geroepe is om God te aanbid, is sommige van ons meer geneig om dit deur lofprysing te doen, terwyl ander meer geneig is om dit deur dade te doen. God tel albei as dade van diens. Die Psalmdigter het gesê: 'Prys die Here, alle dienaars van die Here. Julle wat snags diens doen in die huis van die Here, verhef julle hande in die heiligdom en prys die Here' (Psalm 134:1-2 NLV). Let die woorde 'dienaars van die Here' op. Hoe was hulle besig om Hom te dien? Deur Hom te aanbid. Die Westminster Geloofsbelydenis sê: 'The chief end of man is that he might glorify God.' Daar is baie maniere om dit te doen: 'Hy wat 'n dankoffer bring, eer My...' (Psalm 50:23 NLV). Aanbidding is soos 'n termostaat; dit skep 'n klimaat waarin God se teenwoordigheid ervaar en geniet kan word. Dawid het gesê: 'Ek wil die lof van die Here verkondig. Met alles wat binne-in my is, wil ek sy heilige Naam verheerlik. Ek wil die Here prys en nie sy goeie dade vergeet nie' (Psalm 103:1-2 NLV). Wat 'n voordelige pakket! Vergifnis, genesing, redding en beskerming. Hoe ontvang ons hierdie voordele? Deur aanbidding. Wanneer ons die Here seën, seën Hy ons. Wanneer jy Hom dus aanbid, dien jy God.
Sielskos: 2 Sam 14:21-17:13; Joh 3:1-21; Ps 89:15-37; Spr 23:15-18
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






