Die Woord vir Vandag

 

2022-01-17

Wees sagmoedig (3)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Spreuke 15:1 NLV

Wanneer iemand nie met jou saamstem nie, wees sagmoedig, sonder om die aftog te blaas. Jy sal nooit almal kan behaag nie. Jy sal altyd mense ontmoet wat daarvan hou om te stry en te baklei. Sommige mense sal alles wat jy sê, weerspreek. Hoe moet jy teenoor hulle reageer?

Een van die toetse van geestelike volwassenheid, is hoe jy mense hanteer wat van jou verskil. Sommige mense het die behoefte om enigeen wat van hulle verskil, te vernietig. Wanneer jy hulle uitdaag of 'n klagte of kritiek teenoor hulle het, reageer hulle met 'n volskaalse persoonlike aanval. Wat doen jy dan? Jy het drie opsies:

1) Jy kan in vrees die aftog blaas. Baie mense volg hierdie roete omdat hulle nog nie die vaardigheid ontwikkel het om in sagmoedigheid te reageer nie.

2) Jy kan met woede reageer. Woede is dikwels 'n teken dat jy onseker is en bedreig deur iemand se afkeur voel. Dis 'n waarskuwingslig dat jy op die punt is om iets te verloor - dikwels jou selfbeeld. Wanneer ons dus kwaad word, raak ons dikwels sarkasties en val die ander persoon se selfwaarde aan.

3) Jy kan met sagmoedigheid reageer. "'n Vriendelike antwoord kalmeer gemoedere, 'n dwars antwoord laat woede opspring." Dis die tipe reaksie wat 'n fyn balans handhaaf tussen jou reg tot 'n opinie, terwyl jy in dieselfde mate die ander persoon se reg tot sy of haar opinie respekteer.

Dit verg dat jy sagmoedig is sonder om jou oortuigings prys te gee. Soms moet jy by jou oortuigings staan. Daar is egter ander kere wat jy die volgende vraag sal moet vra: 'Is ons verhouding belangriker as die punt wat ek probeer bewys?'

Sielskos: Gen 35-36; Luk 3:11-20; Ps 81; Spr 2:11-15

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel