Die Woord vir Vandag
2023-10-22
God het 'n goeie plan vir jou
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Lees die volgende Skrifgedeelte: "'Ek weet wat Ek vir julle beplan het,' sê die Here. 'Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. Julle sal na My roep en kom bid. Ek sal na julle luister... Ek sal julle uit gevangenskap laat terugkeer...'" (verse 11-12, 14 NLV). Die Israeliete het deur 'n lang periode van lyding as gevolg van hulle sondes gegaan - sewentig jaar van ballingskap. God het egter gesê: 'Ek het steeds 'n plan vir jou.'
Het jy gesondig en deur 'n seisoen van regstelling gegaan en nou wonder jy of God sy rug op jou gedraai het? God mag jou dalk korrigeer, maar Hy sal jou nooit verwerp nie! Twee hoofstukke later sê God vir dieselfde groep mense: '...Ek het jou lief met 'n liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue liefde na My toe. Ek sal jou herbou soos jy vroeër was...' (Jeremia 31:3-4 NLV). Jou lewe mag dalk uitmekaar geval het, maar God kan dit herbou.
Koning Dawid het owerspel en moord gepleeg, maar toe hy berou gehad het, het God hom ten volle herstel. Die Bybel sê ook: 'Dawid het sy mense gedien soos God besluit het, en toe het hy gesterf. Hulle het vir Dawid begrawe by sy voorvaders...' (Handelinge 13:36 NLV). Sal jy daarvan hou om daardie woorde op jou grafsteen te hê? Jy kan! Die Verlore Seun se broer was kwaad vir hulle pa omdat hy sy jonger broer vergewe en herstel het. Sy pa het hom egter nietemin herstel. Jy kan nie die feit van jou vorige sondes ongedaan maak nie, maar God kan jou van die gevolge daarvan genees. Kom net vandag na Hom toe; neem daardie eerste stap!
Sielskos: Eseg 37:1-14; Matt 27:50-53; 1 Tess 4:13-18
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






