Die Woord vir Vandag

2019-11-19

Eindig sterk in die bediening (2)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

2 Korintiërs 11:28 NLV

Kom ons kyk weer hoekom meer as 50 persent van pastore uit die bediening uittree. Hulle is lief vir die skare, maar kan nie die druk hanteer nie. Die Nuwe Testamentiese kerk het ook die volgende probleme gehad: 1) Morele probleme. Een man het by sy stiefma geslaap en niemand in die kerk was ontsteld daaroor nie (sien 1 Korintiërs 5:1-2). 2) Doktrinale probleme. Sommige Joodse bekeerlinge het gevoel dat nie-Joodse bekeerlinge besny moes word. Die geskil het so hittig geraak dat dit amper die kerk in twee geskeur het (sien Handelinge 15). 3) Onvolwassenheid en probleme tussen verskillende persoonlikhede. Paulus skryf: 'Broers en susters, toe ek by julle was, kon ek nie met julle praat soos met geestelik volwassenes nie. Ek moes met julle praat soos met mense wat nog wêrelds is, soos met kindertjies in die Christelike geloof. Ek moes julle met melk voed, nie met vaste kos nie, want julle sou nie iets sterkers kon verteer nie... Julle is jaloers op mekaar en maak rusie. Is dit nie 'n bewys dat julle nog deur wêreldse neigings oorheers word nie?.. As die een sê: 'Ek volg Paulus,' en die ander een sê: 'Ek verkies Apollos,' tree julle dan nie op soos mense wat nie aan die Here behoort nie?' (1 Korintiërs 3:1-4 NLV). Hy gaan voort deur te sê: 'Demas het my verlaat omdat hy verlief geraak het op die dinge van hierdie lewe...' (2 Timoteus 4:10 NLV). Dan voeg hy by: 'Aleksander, die kopersmid, het my baie skade aangedoen...' (2 Timoteus 4:14 NLV). Dus: As jy nie die pyn kan voel nie, kan jy nie die pyn genees nie! Pastoor, jy sal die wysheid kry om effektief te bedien in jou alledaagse probleme en die druk van die gemeente af. Moet dus nie ontmoedig word nie - hou aan!

Sielskos: 2 Kro 22-24; Joh 12:12-19; Ps 102:1-11; Spr 27:7-9

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background