Die Woord vir Vandag
2019-12-09
Is jy oorlaai?
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Daar sal tye in die lewe wees waar dit voel asof daar te veel is om te doen en nie genoeg tyd om dit te doen nie. As jy egter konstant oorlaai is, sal dit in jou houding, jou verhoudings, jou werkprestasie en selfs jou pad met God te voorskyn kom. As dit is waar jy vandag is, moet jy die volgende doen: 1) Bid. 'Gee jou kommer oor aan die Here. Hy sal vir jou sorg. Hy sal die gelowiges nie teleurstel nie' (Psalm 55:23 NLV). Voor jy uitmekaar val, vra God vir die wysheid om dit wat jy doen te evalueer en wees dan eerlik met jouself oor hoekom jy jouself in hierdie penarie bevind. Die skrywer van Spreuke sê: 'Moenie jou afsloof om ryk te word nie. Wees verstandig genoeg om binne perke te bly. As jy nog na jou rykdom kyk, is dit eensklaps weg soos 'n voël wat wegvlieg in die lug' (Spreuke 23:4-5 NLV). Vra God om vir jou te wys waar jy dalk jou vrede, gesondheid en verhoudings op die altaar van materialisme opoffer. 2) Delegeer. Moses, een van die grootste leiers in die Ou Testament, was besig om onder die gewig van al sy verantwoordelikhede uitmekaar te val. Hy het so depressief geword dat hy God gevra het om sy lewe te neem! Daar was bekwame mense rondom hom wat gewillig was om te help, maar hy wou dit nie toelaat nie. Klink dit bekend? Solank as wat jy daarop aandring om alles te beheer en alles self te doen, sal jou produktiwiteit stilstaan en jou vrede verdamp. As jy dus vandag oorlaai is, begin 'n paar veranderinge maak.
Sielskos: Neh 5-7; Joh 18:12-24; Ps 150; Spr 29:22-27
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







