Die Woord vir Vandag
2019-12-23
Is jy by breekpunt?
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Dawid was 'n oorwinnaar van reuse, 'n psalmdigter en Israel se gewildste koning. Toe die stres van die lewe hom egter tot by breekpunt gebring het, het hy geskryf: 'Dis net my geloof in die Here wat my staande hou. Sy goedheid dra my elke dag van my lewe. As ek dit darem nie geglo het nie...' Is jy vandag by breekpunt? Wanneer jy op daardie plek kom, gebeur een van twee dinge: Jy kan óf ineenstort, óf deurbreek! Dit hang net af van wat jy doen. Dawid het 'n deurbraak ervaar, omdat hy die regte formule geken het: 'Stel al jou hoop op die Here! Vertrou op Hom! Hou moed! Wees sterk! Moenie die handdoek ingooi nie; bly wag op die Here!' (vers 14 DB). Daar is 'n ou gesegde wat lui: 'Dieselfde son wat die botter smelt, verhard die klei.' Wanneer moeilikheid oor jou pad kom, kan jy teen God draai omdat jy Hom getrou gedien het en nie verstaan hoekom Hy toelaat dat jy deur so 'n moeilike tyd gaan nie, of jy kan na Hom vir die antwoord draai! Niks vang Hom onkant nie en niks is vir Hom te moeilik nie. Hy sê: '...Ek is God. Niemand is soos Ek nie. Ek maak die einde bekend vanaf die begin. Uit die verlede, dit wat nog moet gebeur. Wat Ek besluit, voer Ek uit. Wat Ek wil, doen Ek' (Jesaja 46:9-10 NLV). Jy mag dalk tans in 'n toestand van skok wees - maar God is nie. Jou omstandighede kan 'n platform vir Hom word om sy onfeilbare liefde en sorg aan jou te bewys. Moet dus nie moedeloos word nie; Hy gaan jou deur hierdie storm bring en sy Naam in die proses verheerlik.
Sielskos: 1 Kor 4-6; Matt 1:12-16; Ps 117; Spr 31:18-21
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







