Die Woord vir Vandag

2019-12-25

Vertrou op God se tydsberekening (1)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Galasiërs 4:4 NLV

God raadpleeg ons nie om seker te maak dat sy planne in lyn met ons tydsberekening is nie. Maria was van plan om met Josef te trou en dan 'n kind te kry, maar God het 'n ander plan gehad. Die kind moes sonder sonde gebore word, dus het Hy die perfekte vader nodig gehad en dis hoekom die Heilige Gees ingeroep is om die werk te doen. Menslik gesproke, kon die tydsberekening nie slegter gewees het nie. Maria het voor haar troue swanger geword en Josef was nie die vader nie. Behalwe dat sy verstoot sou word, het die wet gesê dat sy gestenig kon word. Hoe het sy gereageer? Verstommend: 'Maria het geantwoord: 'Ek is die Here se dienares en gewillig om te aanvaar wat Hy ook al wil hê. Mag alles wat jy gesê het, waar word'...' (Lukas 1:38 NLV). God het 'n vasgestelde plan en Hy werk altyd daartoe. Die probleem is dat ons met beperkte inligting werk, dus word ons ongeduldig en ontsteld wanneer Hy nie ons gebede volgens ons tyd of op die manier wat ons wil hê, beantwoord nie. Daar word gesê dat George Muller, 'n evangelis en stigter van die Ashley Down Kinderhuis in Bristol, Engeland, op 'n keer op die hawe gestaan en wag het vir 'n spesiale stoel om afgelewer te word. Hy het 'n slegte rug gehad en het die stoel vir sy seereis nodig gehad. Toe die vertrektyd aanbreek en dit nog steeds nie afgelewer is nie, het sy vriende aangebied om vir hom een te koop. Muller het egter gesê: 'God sal voorsien, of Hy sal vir my die genade gee om daarsonder klaar te kom.' Toe, net soos die einde van 'n sprokie, het sy stoel net betyds daar aangekom. Vertrou op God - Hy weet wat Hy doen!

Sielskos: Jes 9:1-7; Matt 1:18-25; Miga 5:2-5a

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background