Die Woord vir Vandag

2019-12-29

Paulus se doring; en joune (2)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

2 Korintiërs 12:7 NLV

Die Bybel sê nie vir ons wat Paulus se doring in sy vlees was nie, maar Paulus sê vir ons hoekom God dit toegelaat het: '...sodat ek nie hoogmoedig moet word nie...' Verhoogde prestasie en sukses kan tot verhoogde hoogmoed en onafhanklikheid van God lei. Het jy al agtergekom dat wanneer dit goed in jou lewe gaan, dit soms moeilik raak om naby aan God te bly? Ons dink partykeer dat God so goed vir ons is, omdat ons so goed vir Hom is. Ons moet altyd hierteen waak. God kan enigiets ten goede van jou en tot sy verheerliking gebruik. In sy wysheid en geduld, laat Hy iets toe wat ons dink bedoel is om ons seer te maak, maar Hy keer dit om en gebruik dit om ons te help. Hy balanseer seëninge met laste. As God jou hande net met seëninge gevul het, sou jy uiteindelik op jou gesig geval het. As Hy aanhoudend laste op jou rug gelaai het, sou jy agteroor geval het. Dus verdeel Hy seëninge en laste sodat ons in balans kan bly. Dis maklik om van balans af te raak. Ons raak so vasgevang in die vreugde van die hemel, dat ons ons roeping om die sout en lig hier op aarde te wees, verwaarloos. Ons raak so betrokke by die werk van die Here, dat ons nie tyd saam met die Here van die werk spandeer nie. Ons raak so betrokke by die kerk dat ons die liefde en aandag wat ons families nodig het, van hulle steel. Dus bring God ons terug in balans deur vir ons 'n doring te gee.

Sielskos: Heb 11:1-6; Matt 21:18-22; Matt 8:5-13; Mark 6:1-6

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background