Die Woord vir Vandag

2026-07-01

Geestelike paaie (6)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Psalm 62:2 ABA

Luister na dagstukkie

Die pad van besinning. Mense wat op die besinningspad is, is lief vir stilte en ononderbroke alleentyd. Jou ouers het jou heel waarskynlik as kind aangemoedig om meer saam met die ander kinders buite te gaan speel. Nabetragting kom natuurlik vir jou. Jy voel dikwels soos 'n waarnemer van die lewe.

Hier is 'n paar Skrifgedeeltes waarmee jy maklik identifiseer: '...Oordink dit in die nag op jou bed en wees rustig. Sela' (Psalm 4:5 NLV). 'Wees stil in die Here, en wag geduldig op Hom. Moenie die mens beny wat op sý manier floreer, of jou verknies oor sy bose planne nie' (Psalm 37:7 NLV). 'Wees stil en weet Ek is God!' (Psalm 46:11 NLV). 'Ek kan net by God stil wees, dit is Hý wat my red.'

Jy voel God se teenwoordigheid die beste aan wanneer afleidings en geluide uit jou omgewing verwyder word. Beelde, metafore en prente help jou terwyl jy bid. As jy te besig raak of te veel tyd saam met ander mense deurbring, begin jy uitgeput voel. Jy benodig nie veel eksterne stimulasie nie. Om tyd te maak om alleen en in stilte na God te luister, is noodsaaklik vir jou siel se gesondheid en om 'n verdiepende gevoel van sy teenwoordigheid te ervaar. Jy benodig gereelde, intense, onversteurde tyd alleen saam met God.

Hier is egter 'n woord van waarskuwing uit die Skrif: 'Geliefdes, as God ons dan só tot die uiterste toe liefgehad het, moet ons ook mekaar tot die uiterste toe liefhê' (1 Johannes 4:11 NLV). Liefde verg tyd en moeite. Soms vereis dit opoffering. Een van die beste maniere om jou liefde vir God te bewys, is om dit aan die mense rondom jou, wat God liefhet, te betoon.

Sielskos: 1 Sam 20:30-23:29; Matt 23:23-39; Ps 98; Spr 17:1-3

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background