Die Woord vir Vandag
2026-08-10
God het vir jou saad gegee om te saai
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Jesus het gesê: '...God se koningsheerskappy is soos 'n mosterdsaad wat iemand in sy tuin geplant het. Dit is die kleinste van alle saadsoorte, maar as dit groei, word dit groter as al die ander plante in die tuin. Dit word so 'n groot boom dat die voëls in sy takke kan kom nesmaak' (verse 31-32 NLV). 'n Mosterdsaad is slegs twee millimeter in deursnee en kom in drie primêre kleure voor: geel, swart en wit. Binne daardie merkwaardige saad is vitamien A, B6, B12, C, E en K. Dit is ook 'n bron van kalsium, yster, magnesium, fosfor, kalium, natrium en sink. Dit het anti-inflammatoriese en anti-kanker eienskappe. Jesus het daarop gewys dat wanneer dit geplant word, dit groei om een van die grootste bome in die tuin te word, wat die voëls van die hemel seën deur hulle van 'n tuiste te voorsien.
Paulus het geskryf: 'God wat saad voorsien aan die saaier en dan brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei' (2 Korintiërs 9:10 NLV). Aan wie gee God 'saad'? Aan saaiers, nie aan opgaarders nie! Wat doen God met jou saad wanneer jy dit saai? Hy vermeerder dit! Die saad wat jy saai kan in die vorm van tyd, diens, wysheid, geld, deernis, ens. wees.
God belowe dat wanneer jy saai, jy sy seën sal oes. 'En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee sodat julle in elke opsig genoeg kan hê én ook nog oorvloedig kan wees in elke goeie werk' (2 Korintiërs 9:8 NLV). God het vir jou saad gegee - saai dit!
Sielskos: 2 Kro 1-4; Mark 5:1-10; Ps 119:33-40; Spr 20:28-30
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







