Die Woord vir Vandag

2026-08-23

'History is His story'

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Matteus 28:19-20 NLV

Die woorde wat Jesus gespreek het, het die wêreld vir altyd verander. Sy laaste instruksie aan sy dissipels was die volgende: '...God het die volle mag oor hemel en aarde aan My toevertrou. Gaan dan, maak al die nasies my dissipels... Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het...' (verse 18-20 NLV). Jesus se volgelinge het dit ernstig opgeneem: 'En elke dag het hulle aangehou om mense in die tempel en van huis tot huis te onderrig en die Goeie Nuus te preek dat Jesus die Messias is' (Handelinge 5:42 NLV).

Hulle het onthou dat hulle 'n man gevolg het wat almal geleer het en wat hulle beveel het om al die volke te leer. Hulle het begin om beide mans en vroue en beide slawe en vrymense, te leer. Van die wêreld se grootste onderwysinstellings is deur volgelinge van Christus gestig. Oxford en Cambridge Universiteite is in die dertiende eeu gestig. (Die leuse van Oxford Universiteit kom uit Psalm 27:1: 'Die Here is my lig.')

George Marsden het opgemerk: 'Dis merkwaardig dat die Puriteine binne ses jaar nadat hul in die wildernis van Massachusett geland het, 'n leerskool begin het wat kort daarna 'n gerespekteerde kollege sou word.' Hierdie woorde kom uit 'n studentehandboek van daardie kollege: 'Laat elke student duidelik onderrig en ernstig aangespoor word dat die hoofdoel van sy lewe en studies sal wees om God en Jesus Christus te ken, wat die ewige lewe is (sien Johannes 17:3), en om Christus as die enigste fondament van alle gesonde kennis en leer te beskou.' Dit was Harvard Universiteit! 92 persent van die eerste 138 kolleges en universiteite wat in Amerika gestig is, is deur volgelinge van Christus begin. Sy woorde gee nie net kennis nie; dit transformeer ons ook.

Sielskos: Eks 17:8-16; Rut 2:12; Gal 3:27

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background