Die Woord vir Vandag

2026-08-30

Vertrou in jou verbond met God

Geskryf deur Bob and Debby Gass

1 Samuel 17:26 NLV

Veertien geslagte voordat Dawid teen Goliat geveg het, het God vir Abraham gesê: 'Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek...' (Genesis 12:3 NLV). Later het God hierdie verbond na Abraham se nageslag uitgebrei en 'n sleutelbepaling bygevoeg: 'Julle moet aan die voorhuid besny word. Dit is 'n teken dat julle my verbond nakom' (Genesis 17:11 NLV).

Blykbaar het niemand in Saul se leër, insluitend Saul self, onthou dat hulle 'n verbond met God het nie. Dit het Dawid genoop om te vra: 'Wie is hierdie onbesnede Filistyn dat hy die leër van die lewendige God so beledig?' Dawid het met ander woorde gevra: 'Hoe kan hierdie man, wat geen verbond met God het nie, selfs daaraan dink dat hy ons sal kan oorwin?'

Glo jy dat God deur sy verbond diegene wat in 'n egte verhouding met Hom is, sal seën, beskerm en voorspoedig maak? As jy aanhou om van die reuse in jou lewe weg te vlug, sal jy nooit die krag van God gemanifesteer sien nie. Het jy geweet dat jy 'n erfgenaam van dieselfde verbond van seën wat God aan Abraham gegee het, is? 'Verder, omdat julle aan Christus behoort, ís julle die nageslag van Abraham en dus erfgename van die belofte!' (Galasiërs 3:29 NLV).

Dawid het op 'n verbond van beskerming wat veertien geslagte oud was en vandag nog steeds geldig is, staatgemaak. Die verhaal van Dawid en Goliat is verteenwoordigend van die vele gevegte wat ons gereeld in die gesig staar: goed oor kwaad en geloof oor vrees. Wat ook al die situasie is, ons kan rus op God se Woord: 'Want hierdie blye boodskap van 'n plek van rus wat God vir ons gereedgemaak het, het ons ook ontvang...' (Hebreërs 4:2 NLV).

Sielskos: Rig 6:24; Joh 14:27; 1 Pet 3:8

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background