Die Woord vir Vandag

2026-10-14

Die gevolge van ongehoorsaamheid

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Josua 7:10-11 NLV

Luister na dagstukkie

Jerigo se mure het geval en Josua was oorweldig deur die oorwinning. Hulle volgende uitdaging was die stad Ai, met 'n bevolking van slegs 20 000 mense. Josua het toe besluit dat 3 000 van sy soldate die stad kon inneem. Hy was egter verkeerd. 'Die mense van Ai het die Israeliete van die poort van die stad af agternagesit en hulle gejaag tot by die klipskeure waar hulle omtrent 36 van hulle teen die skuinste doodgemaak het. Die volk se moed het in hulle skoene gesak' (vers 5 NLV).

Wat het hierdie nederlaag veroorsaak? Akan, een van Josua se soldate, het God se bevel verontagsaam en van die buit van Jerigo geneem en dit in sy tent weggesteek. Gevolglik het Israel 'n vernederende nederlaag gely en Akan en sy familie is in die Laagte van Akor met klippe doodgegooi. Josua het 'n ineenstorting gehad. Hy het sy klere geskeur en op die grond neergeval en gebid: '...As ons tog maar liewer aan die ander kant van die Jordaan gebly het!' (vers 7 NLV). Let op wat God vir hom gesê het: '...Staan op. Hoekom lê jy daar op die grond? Israel het oortree...'

Daar is 'n belangrike les hieruit te leer: daar is 'n tyd om te bid, en daar is 'n tyd om op te staan en die kwessies waaroor God jou aanspreek, te hanteer! Soms bid ons in die hoop dat God ons ongehoorsaamheid sal oorsien of van plan sal verander. God se doel is egter om ons te verander! Waarom het Akan van die buit van Jerigo geneem? Omdat hy nie op God se vermoë en bereidwilligheid om vir hom te sorg, vertrou het nie. Spreek God jou ook daaroor aan?

Sielskos: Eks 25-27; Joh 4:13-26; Ps 89:38-52; Spr 26:23-26

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background