Die Woord vir Vandag

2026-10-15

Reëls vir bediening

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Romeine 12:9 NLV

Luister na dagstukkie

Wanneer dit by die dien van ander kom, moet jy probeer om volgens hierdie drie reëls te leef:

1) Dien opreg. 'Moenie veins dat jy ander liefhet nie; doen dit uit jou hart uit...' God ken jou hart, wees dus eerlik met jouself oor jou ware beweegredes om ander te dien en vir hulle op te offer. As jy hulp in hierdie area nodig het, wend jou tot die Skrif: 'Die woord van God is vol lewenskrag en energie. Dit is skerper as die ontleedmes van 'n chirurg... Dit vlek ons diepste motiewe en oorwegings oop' (Hebreërs 4:12 NLV).

2) Dien stilweg. 'Wanneer jy iemand in nood help, moenie 'n groot okkasie daarvan maak nie. Dis wat die skynheiliges in die sinagoges en op die strate doen om deur die mense opgehemel te word...' (Matteus 6:2 NLV). Wanneer mense jou vriendelikheid as vanselfsprekend aanvaar of nie die dinge wat jy vir hulle doen waardeer nie, moenie jou eie beuel blaas nie. Draai na God vir jou beloning en nie na mense toe nie; anders sal jy teleurgestel word.

3) Dien selektief. Jy is nie geroep om na elke plek te gaan, in elke behoefte te voorsien en elke persoon te help nie. By twee verskillende geleenthede het God Paulus gekeer om na Asië te gaan om die evangelie te gaan verkondig. Kyk egter wat volgende gebeur het: 'Daar het Paulus in die nag 'n visioen ontvang. Hy het 'n Masedoniese man gesien wat hom staan en smeek: 'Kom oor na Masedonië toe en help ons.' ...ons [het] onmiddellik Masedonië toe vertrek omdat ons tot die oortuiging gekom het dat God ons geroep het om die evangelie daar te verkondig' (Handelinge 16:9-10 NLV). Waarom is dit belangrik? Want wanneer God jou lei, voorsien Hy vir jou!

Sielskos: Eks 28-29; Joh 4:27-38; Ps 100; Spr 26:27-28

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background