Die Woord vir Vandag

2026-10-16

Lewe een dag op 'n slag (1)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Matteus 6:34 DB

Luister na dagstukkie

Sir William Osler was die bekendste geneesheer van sy generasie. Hy het die Johns Hopkins Skool vir Geneeskunde bestuur en as professor in medisyne aan die Universiteit van Oxford gedien. Sy handboek, The Principles and Practice of Medicine, word as die vader van psigosomatiese medisyne beskou en was vir drie dekades lank die belangrikste naslaanboek vir mediese studente. Osler se mediese loopbaan het egter, pas nadat dit begin het, amper weens 'n senuwee-ineenstorting geëindig. Hy het probeer om aan sy akademiese vereistes te voldoen, 'n mediese praktyk op die been te bring en kop bo water te hou - alles op dieselfde tyd. Dit het hom amper doodgemaak.

Toe kom hy op die woorde van Thomas Carlyle af: 'Our main business is not to see what lies dimly at a distance, but to do what lies clearly at hand.' Hierdie woorde het Osler se lewe verander. In 'n toespraak by Yale Universiteit, het Osler vir die studente gesê dat hy sy sukses aan 'n eenvoudige beginsel te danke het: om die lewe een dag op 'n slag te leef.

Dawid het gesê: 'Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees' (Psalm 118:24). Jesus het gesê: '...Hou op om te sê: 'Wat gaan ons vandag eet en drink?' of: 'Wat gaan ons vandag aantrek?'...Julle het mos 'n Vader in die hemel wat presies weet wat julle nodig het. Hy sal sorg dat julle dit alles kry. Stel God se koninkryk eerste. Doen net daardie dinge wat vir Hom belangrik is. Hy sal vir die res sorg... En los môre se probleme vir die dag van môre. Van probleme het elke dag immers oorgenoeg. Leef vandag voluit vir God!' (Matteus 6:31-34 DB).

Sielskos: Eks 30-32; Joh 4:39-54; Ps 32; Spr 27:1-3

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background