Die Woord vir Vandag

2026-01-14

Onselfsugtigheid - die geheim tot 'n gelukkige huwelik

Geskryf deur Bob and Debby Gass

1 Korintiërs 13:4-5 NLV

Luister na dagstukkie

Kom ons begin met drie kort stories wat die uitdaging om 'n sterk en gelukkige huwelik te bou, uitspel. Eerste storie: 'n Man het 'n paartjie dopgehou en vir sy vrou gesê: 'Kyk na hulle, hulle lyk so gelukkig.' Sy het gesê: 'Moenie so seker wees nie, hulle sê waarskynlik dieselfde van ons.' Tweede storie: "'n Vrou het eenkeer gesê: 'My man en ek het 'n baie gelukkige huwelik. Daar is niks wat ek nie vir hom sou doen nie en daar is niks wat hy nie vir my sou doen nie. So gaan ons deur die lewe deur niks vir mekaar te doen nie." Derde storie: 'n Man het vir sy vriend gesê: 'My vrou en ek het besluit om nooit kwaad te gaan slaap nie.' Sy vriend het gevra: 'En? Hoe werk dit vir julle?' Hy het geantwoord: 'Ons het 'n maand laas geslaap.'

Die grootste uitdaging in die huwelik is selfsug. Wanneer twee mense elkeen hul eie begeertes en belangstellings voorop stel, is hul verhouding op pad moeilikheid toe.

Die volgende woorde is steeds God se formule vir 'n stabiele en suksesvolle huwelik: 'Die liefde is geduldig en vriendelik, die liefde is nie jaloers nie, die liefde blaas nie sy eie beuel nie, is nie vol van homself nie. Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie. Dit treur oor die onreg wat plaasvind, en juig as die waarheid seëvier. Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles. Die liefde sal nooit vergaan nie... Al wat altyd sal bly, is geloof, hoop en liefde - hierdie drie. Maar die grootste hiervan bly steeds die liefde!' (verse 4-8, 13 NLV).

Sielskos: Lev 26-27; Luk 2:41-52; Ps 74:12-23; Spr 2:7-8

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background