Die Woord vir Vandag
2026-01-15
Stel grense wat saak maak
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Teenoorgestelde mense trek mekaar dikwels aan, trou en moet dan hul verskille hanteer - veral wanneer hul kinders tieners word en grense begin uitdaag. Grensgeskille toets die ouers se vermoë om oor verskille te onderhandel en te besluit wat reg of verkeerd vir hul kind is. Jy laat haar doen wat sy wil... Jy dryf hom weg met jou strengheid... Sy het meer dissipline nodig... Hy het ruimte nodig om 'n kind te wees. Beide ouers is lief vir hul kinders en wil net die beste vir hulle hê, maar hulle stem nie saam oor hoe om dit te bereik nie. In sy boek, Boundaries with Teens, gee dr John Townsend 'n paar nuttige en praktiese voorstelle.
1) Stem saam dat jou tiener eerste kom. Bespreek julle verskille kalm, eerlik en onselfsugtig met mekaar. Die wenner moet altyd jou kind wees! Stem saam en gaan selfs kompromieë aan oor die grense wat jou tiener beskerm en sy of haar beste belange bevorder.
2) Gee aandag aan mekaar se sterkpunte. Die ouer wat byvoorbeeld beter is om te organiseer, objektief in hittige oomblikke te luister, of 'n gekwelde tiener te kalmeer, behoort die ander een met hierdie kwessies te help.
3) Moenie van jou tiener 'n pion maak nie. Dit is maklik om jou kind tydens konflik aan jou kant te probeer kry. Tipies reageer die ander ouer dan deur die kind met geskenke, voorregte en vryhede te bederf om hul goedkeuring terug te kry. Hierdie strategie waarborg dat almal verloor! Besluit om julle verskille uit te sorteer. As julle dit nie kan doen nie, vra hulp van 'n wyse vriend, pastoor of berader. Jou kind se lewe en toekoms is wat saak maak - nie watter een van julle die gewildheidskompetisie wen nie!
Sielskos: Fil 1-4; Luk 3:1-10; Ps 79; Spr 2:9-10
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za




