Die Woord vir Vandag
2021-12-22
Hanteer jou finansies met wysheid (2)
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Nadat jy jou kinders geleer het hoe om met God die pad te stap, is die belangrikste lewensles wat jy hulle kan leer hoe om hulle geld met wysheid te hanteer.
Dr James Merritt skryf: 'Ons het vroeg reeds ons kinders die beginsels van werksaamheid, eerlikheid en verantwoordelikheid begin leer. 1) Gee vir jou kinders van vroeg af werkies wat hulle sonder vergoeding moet doen, soos om hulle beddens op te maak, hulle speelgoed op te tel en hulle kamers skoon te maak. Inspekteer hulle kamers elke keer, moedig hulle soveel as moontlik aan, maar laat hulle weet dat jy 'n sekere standaard van hulle werk verwag (daar moenie speelgoed op die vloer wees, die bed moet mooi opgemaak wees ens.). Dit sal hulle oor die waarde van werk, die vervulling oor 'n werk wat goed gedoen is en die dissipline om die bevele van iemand in outoriteit te volg, leer.
2) Soos jou kinders ouer word, kies werk wat hulle in staat is om te doen (die kar te was, die vloer te stofsuig ens.), en besluit dan op billike vergoeding. Dit sal hulle die waarde van geld begin leer en die idee van beloning vir werk wat goed gedoen is, versterk. Weereens moet jy sekere standaarde van hulle werk verwag en hulle nie betaal totdat die werk heeltemal voltooi is nie.
3) Moenie jou kinders sakgeld gee of hulle leer om dit te verwag nie. Leer hulle eerder dat mens geld ontvang deur daarvoor te werk. Daar is niks daarmee verkeerd om vir jou kind geld uit liefde of as 'n beloning (soos byvoorbeeld vir 'n goeie rapport) te gee nie, maar kinders moet die verhouding tussen eerlike werk en regverdige vergoeding leer.'
Hierdie is drie beginsels wat hulle dwarsdeur hulle leeftyd, goed te pas sal kom.
Sielskos: Maleagi 1-4; Matt 1:1-6a; Ps 128; Spr 31:10-13
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






