Die Woord vir Vandag

2019-09-18

Oorkom stres (7)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Markus 6:31 NLV

Neem tyd om die lewe te geniet. Jesus het dit gedoen. "Omdat daar voortdurend talle mense gekom en gegaan het sodat hulle selfs nie kans gekry het om te eet nie, het Jesus toe vir hulle gesê: 'Kom julle nou self eenkant toe na 'n stil plek en skep 'n bietjie asem.'" Jesus het nie net tyd vir ontspanning gemaak nie, Hy het ook vir diegene wat hard gewerk het gesê: 'Jy verdien 'n ruskans vandag. Kom ons gaan rus en neem tyd vir onsself.' Dus het hulle in 'n boot geklim en na die ander kant van die meer geroei. Jesus kon stres hanteer, omdat Hy geweet het hoe om te ontspan. Rus en ontspanning in die lewe is nie opsioneel nie en ook nie 'ongeestelik' nie. Rus is so belangrik dat God dit by die Tien Gebooie ingesluit het. Die Sabbat is vir die mensdom geskep omdat God weet dat ons fisiese, emosionele en geestelike samestelling gereelde rustye vereis. Jesus het stres oorleef omdat Hy die lewe geniet het. J.B Philips parafraseer dit as volg: 'Nou het Ek, die Seun van die mens, gekom en Ek vier graag fees...' (Matteus 11:19 ABA). Paulus sê ook vir ons dat God '...aan ons ryklik alles skenk wat ons nodig het om die lewe te geniet' (1 Timoteus 6:17 NLV). Balans is die sleutel tot stresbestuur. As jy vandag uitgebrand voel, moet jy na twee dinge kyk: 1) Put jy elke dag krag uit God se genade, of maak jy net op jouself staat? 2) Sit jy gereeld tyd vir rus en ontspanning eenkant? Die woord ontspanning beteken om te herstel, te verfris en nuut te skep.' Kry jy die prentjie? As jy uitbrand, wat se nut sal jy dan vir God se koninkryk, jou familie of jouself wees?

Sielskos: 1 Sam 1-3; Matt 26:17-29; Ps 34; Spr 21:14-16

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background