Die Woord vir Vandag

2022-08-26

Sela: 'Stop en dink rustig daaroor'

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Psalm 48:9 NLV

Een-en-sewentig keer in die boek van Psalms lees ons die woord 'Sela' aan die einde van 'n Skrifgedeelte. Wat beteken dit? Om te 'stop en rustig daaroor te dink.' Jy kan nie die Bybel vlugtig en oppervlakkig lees en die skat wat daarin verberg is, ontdek nie. Dis hoekom Dawid geskryf het: 'Met my hele hart soek ek U; moenie dat ek afdwaal van u gebooie nie. Ek het u woord in my hart gebêre sodat ek nie teen U sou sondig nie' (Psalm 119:10-11 NLV).

Wanneer jy God se Woord deur meditasie en memorisering in jou hart bêre, is jy in staat om daarop te staan wanneer jy 'n spesifieke behoefte het. Meditasie behels om die tyd te neem om daaroor te reflekteer; om te 'stop en rustig daaroor te dink.' God wil hê dat jy moet leer om die Skrif te bid en daaroor te mediteer, want hierdie gewoontes sal jou help om alles wat Hy vir jou het, te ervaar.

Die belangrikste ding wat jy vir jouself kan afvra wanneer jy voor die lewe se uitdagings te staan kom, is: 'Wat sê God in sy Woord hieroor?' Hoekom is dit belangrik om jouself dit af te vra? Lees hierdie twee Skrifgedeeltes en jy sal die antwoord vind: 'U woord Here, is vir altyd, dit staan vas in die hemel' (Psalm 119:89 NLV). God se Woord is sy wil! Toe God vir Jeremia tot leierskap geroep het, het Jeremia bedenkinge oor sy vermoë gehad. Dus het God gesê: '...Ek het my woorde in jou mond gesit' (Jeremia 1:9 NLV). Toe het Hy vir Jeremia gesê: '...Ek staan gereed om te doen wat Ek gesê het gaan gebeur' (vers 12 NLV). Die enigste ding waarop jy verseker kan staatmaak, is dat God sy Woord sal hou. Sela!

Sielskos: Rig 16:1-19:15; Mark 8:1-13; Ps 119:129-136; Spr 18:21

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseรซn het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background