Die Woord vir Vandag

2022-09-07

Hoe om gered te word

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Handelinge 16:31 NLV

Het jy al van die 'Romeinse pad' tot verlossing gehoor? Dit word op vier eenvoudige stappe wat in die boek Romeine gevind word, gebaseer.

Stap een: 'Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom' (Romeine 3:23 NLV). Ons almal is tot op ons kern sondaars, wat 'n Verlosser desperaat nodig het.

Stap twee: 'Want wat die sonde uitbetaal, is die dood. Maar God se genadegawe is die ewige lewe...' (Romeine 6:23 NLV). Die evangelie beteken 'goeie nuus.' Hier is die goeie nuus: Al jou sondes, van die wieg tot die graf, is deur Jesus betaal.

Stap drie: '...Christus [het] vir ons kom sterf ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was' (Romeine 5:8 NLV). Jy kan nie verlossing deur goeie werke verdien nie; God gee dit vrylik aan jou. Al wat jy moet doen is om dit deur geloof te ontvang.

Stap vier: "Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreek en as ons met ons mond bely, word ons gered... 'Want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word'" (Romeine 10:9-13 NLV).

Voel jou lewe leeg? Verlang jy na vrede; om te weet dat jou sondes vergewe is en dat jy 'n tuiste in die hemel het wanneer jy sterf? Plaas vandag jou vertroue in Jesus en maak Hom Heer oor jou lewe. Bid hierdie woorde: 'Here, ek gee my lewe aan U oor. Kom my hart binne. Deur geloof ontvang ek die gawe van die ewige lewe. Dankie dat U alles tussen my en U reggestel het. In Jesus se naam. Amen.'

Sielskos: Eseg 10-13; Mark 10:35-52; Ps 20; Spr 19:24-29

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background