Die Woord vir Vandag
2022-10-09
Hoor, verstaan en ontvang
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Om 'n goeie verhouding met iemand te hê, moet jy goed kan kommunikeer. Goeie kommunikasie word op twee dinge gebaseer: praat en luister. Stop en oorweeg 'n paar van jou mees onlangse konflikte en probeer gedrag en houdings identifiseer wat daartoe mag bygedra het. Vrese. Onsekerhede. Jaloesie. Hardkoppigheid. Arrogansie. Gierigheid. Sonde. Rebelsheid. Onuitgedrukte of onvervulde verwagtinge. Onrealistiese verwagtinge. Ongedefinieerde rolle en verantwoordelikhede. Verskillende standaarde, oortuigings, filosofieë of sienings. Kompeterende begeertes. Oneffektiewe sisteme en prosesse. Magstryd. Teenstrydige doelwitte. Oortreding van grense (gesproke of onuitgesproke). Onvoldoende of yl hulpbronne (tyd, geld, ruimte). Taalhindernisse. Gebrek aan inligting. Gebrek aan begrip van die behoeftes van verskillende persoonlikhede. Swak verhoudingsvaardighede.
Jakobus skryf: 'My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.' Hierdie Bybelvers is noodsaaklik vir goeie kommunikasie. Deur te luister, skep ons 'n atmosfeer waar mense voel of hulle verstaan word en dat hulle sienings en gevoelens bekragtig word. Dit is die helfte van die stryd om enige konflik op te los.
Luister is egter nie passief nie! Dit verg aansienlike inspanning om te onderskei wat werklik gesê word of selfs onuitgesproke is. Daar is egter goeie nuus: As jy ernstig daaroor is, sal God jou help om 'n beter luisteraar te word! Jesaja skryf: 'Die oppermagtige Heer het my geleer sodat ek dié wat moeg is moed kan inpraat. Elke môre maak Hy my wakker en leer my luister soos dit 'n leerling betaam' (Jesaja 50:4 NLV). Vra God om jou te help praat en luister.
Sielskos: Joël 2:23-32; Hand 2:1-21
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za





