Die Woord vir Vandag

2019-10-04

Hoe om op skinderstories te reageer (2)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Jakobus 1:26 NLV

Wanneer iemand oor jou skinder, hou die volgende in gedagte: Mense is geneig om ander mense van dinge te beskuldig wat hulle in hulself verskoon. Daar is 'n verhaal van 'n man wat vermoed het dat sy vrou besig was om doof te word. Een aand het hy homself aan die ander kant van die kamer geposisioneer van waar sy met haar rug na hom toe gesit het. Saggies het hy gesê: 'Kan jy my hoor?' Toe sy nie antwoord nie, het hy 'n bietjie nader gegaan en weer saggies gevra: 'Kan jy my hoor?' Steeds het hy geen antwoord gekry nie. Hy het nog nader beweeg. 'Kan jy my hoor?' Geen antwoord. Uiteindelik het hy tot agter haar stoel gestap en reg in haar oor gesê: 'Kan jy my hoor?' Sy het omgedraai en gesê: 'Vir die vierde keer, ja!' Sielkundiges noem hierdie verskynsel 'projeksie.' Ons is geneig om ons vrese, gevoelens en probleme op ander mense te projekteer. Jy moet egter nie toelaat dat ander mense dit aan jou doen nie. Dame Astor, 'n lid van die Britse parlement, het Winston Churchill aanhoudend gekritiseer. Een dag het die twee aan die stry gegaan en sy het gesê: 'Winston, ek hou nie van jou politiek nie en ek hou nie van jou snor nie.' Hy het haar aangekyk en geantwoord: 'Mevrou, ek sien geen rede op aarde hoekom jy ooit in kontak met een van die twee sal kom nie.' Jesus se kritici het Hom daarvan beskuldig dat Hy deur demone besete was. Paulus se kritici het hom 'n dwaas, 'n mal man en 'n praatjiesmaker genoem. Jy moet dus nie ander behandeling van dieselfde skare verwag nie. Die woord vir jou vandag is dus: Bly gefokus en moenie toelaat dat jou aandag afgetrek word nie.

Sielskos: 2 Sam 3:22-7:17; Joh 1:43-51; Ps 23; Spr 23:4-5

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background