Die Woord vir Vandag

2019-10-09

Jy kan weer begin

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Spreuke 24:16 NLV

In die nag van 9 Desember, 1914, is Edison Industries deur 'n brand vernietig. Dit het skade van twee miljoen dollars aangerig en die meeste van Thomas Edison se werk is in die brand vernietig. Hy was net vir 238 dollars verseker, omdat die gebou van beton gebou was en Edison gedink het dat dit vuurbestand was. Op die ouderdom van sewe-en-sestig, het die groot uitvinder sy lewenswerk in vlamme sien opgaan. Die volgende oggend het die brandbestryders uiteindelik die vuur onder beheer gebring. Soos hy die toneel voor hom bekyk het, het Edison gesê: 'Daar is groot waarde in rampspoed. Al ons foute het in vlamme opgegaan. Dank Vader ons kan weer opnuut begin.' Drie weke na die brand, het Edison een van sy grootste uitvindings geproduseer: die eerste fonograaf. Dink net hoe sou die wêreld van musiek en vermaak sonder die fonograaf gelyk het! Die Bybel sê: 'Selfs al val 'n regverdige mens sewe keer, hy sal elke keer weer opstaan. Die goddelose mens sal bly lê na net een ramp.' Met God aan jou kant kan jy weer begin, omdat die krag om dit te doen binne-in jou lê. Dis dieselfde krag wat Christus uit die dood opgewek het (sien Romeine 8:11). Paulus het vir die gelowiges in Efese gebid: 'Mag Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy Goddelike grootheid aan julle die krag gee om innerlik sterk te word' (Efesiërs 3:16 NLV). Waar is jou krag geleë? In jou binneste wese. Paulus gaan voort: 'Hy moet geprys word - Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra' (Efesiërs 3:20 NLV). Die woord vir jou vandag is dus - jy kan weer begin.

Sielskos: Lev 16; Lev 23:26-32; Heb 9:1-14; Heb 13:11-16

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background