Die Woord vir Vandag

2019-10-27

Jy het die reg om van blydskap uit te roep!

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Psalm 107:20 DB

Elkeen van ons kom beskadig na die Here toe. Dus begin Hy 'n genesingsprogram om ons gedagtes oor Hom, ander mense en oor onsself te herstel. Terwyl jy dalk aan die buitekant kan goed lyk, is daar 'n werking wat binne-in jou aangaan, soos die Heilige Gees werk om jou '...'n spesiale besitting van die Huiseienaar...' (2 Timoteus 2:21 NLV), te maak. Een van die stukke gereedskap wat Hy gebruik is '... die 'dwaasheid' van ons prediking...' (1 Korintiërs 1:21 NLV). Wat jy ookal doen, moet nooit jou aptyt vir Bybelse prediking verloor nie: 'Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus' (Romeine 10:17 NLV). Dit gaan die verstand te bowe om te sien hoe die gepreekte Woord die mees disfunksionele mense in produktiewe lede van die samelewing verander. Die meeste van die tyd doen God dit alles agter 'n sluier van geheimhouding wat ons reputasie en publieke persepsie beskerm. Hoe genadig is dit nie! Net sy mag kan die slagyster wat ons gedagtes vasvang, oopmaak en ons vrymaak om weer te lewe. Dawid het verklaar: 'Die Here het net een woord gesê, en toe word hulle gesond. So het Hy hulle uit die dood se kloue gered. Nou prys hulle die Here vir sy liefde. Hulle sê vir Hom baie dankie vir die wonderlike dinge wat Hy doen' (Psalm 107:20-21 DB). Let op - sy Woord het dit gedoen! Dis wat ons van ons sonde reinig, ons regverdig voor Hom maak en ons die padkaart na ons bestemming gee. As gevolg van Hom, maak jy saak. As gevolg van Hom, het jy niks om te vrees nie. As enigiemand die reg het om vandag in blydskap uit te roep - is dit jy!

Sielskos: Num 9:15-23; Eks 24:15; Matt 17:1-8; Hand 1:9-11

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background