Die Woord vir Vandag

2023-10-16

Hanteer die dood op die regte manier

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Psalm 23:4 NLV

Hier is die waarheid oor die dood:

1) Dit is verseker. Daar word 'n verhaal vertel van 'n hipokonderse persoon wat die volgende woorde op sy grafsteen laat sit het: 'Nou sal julle miskien glo dat ek siek was.' Op 'n ernstiger noot, as jy wys is, sal jy nie obsessief oor die dood wees nie, maar jy sal jouself daarop voorberei.

2) Dit is 'n reis. Elke stap wat jy neem bring jou vertrekdatum een dag nader. Dit is egter net 'n tydelike deurgang en nie jou finale bestemming nie. Die woord 'metamorfose' roep 'n nederige wurm wat in 'n pragtige skoenlapper verander, op. Net so beskryf die Bybel jou nuwe liggaam in hierdie woorde: a) 'Onverganklik,' wat beteken dat jy nooit weer pyn of siekte sal ervaar nie (sien 1 Korintiërs 15:53). b) 'Onsterflik,' wat beteken jy sal ouderdomloos wees en nie kan doodgaan nie (sien vers 53). c) 'Skaduwee.' 'n Skaduwee mag jou dalk bang maak, maar dit kan jou nie seermaak nie. Die enigste manier om 'n skaduwee te kry is wanneer daar 'n lig skyn.

Vind jy dit nie ook interessant dat baie mense wat gesterf het en weer teruggekom het ander mense vertel hoe hulle uit 'n tonnel na 'n helder, hemelse lig gegaan het nie? G'n wonder dat ons nie bang hoef te wees in die donker vallei nie. Die Here is by ons en Hy het die dood, die hel en die graf oorwin. Jesus het gesê: '...Ek was dood en kyk, nou leef Ek vir altyd en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk' (Openbaring 1:18 NLV). Verbly jouself; die sleutel tot jou ewige lotsbestemming is nie in jou eie of enigiemand anders se hande nie, maar in die hande van die Een wat jou liefhet.

Sielskos: 2 Sam 1:1-3:21; Joh 4:1-12; Ps 89:38-52; Spr 23:19-21

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background