Die Woord vir Vandag

2022-01-14

Wees verstandig - sê niks nie!

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Spreuke 10:19 NLV

Daar is 'n verhaal van 'n ryk oupa wat dokter toe gegaan het om 'n unieke gehoorapparaat te kry. Die apparaat het hom nie net in staat gestel om perfek te hoor nie, maar dit was weggesteek sodat niemand dit kon sien nie. Toe hy vir 'n opvolgafspraak na die dokter toe terugkeer, het die dokter gesê: 'Jou familie is seker bly om te weet dat jy nou kan hoor.' Die oupa het geantwoord: 'Wel, ek het hulle nog nie van my gehoorapparaat vertel nie. Ek sit net en luister na hulle gesprekke - en ek het al drie keer my testament verander!'

Die Bybel sê: '...Hy wat sy woorde tel, is verstandig.' Die kans om blapse te maak, groei eksponensieel hoe meer jy jou mond oopmaak. Of om dit anders te stel, die potensiaal om die verkeerde ding te sê, styg proporsioneel met die aantal woorde wat jy sê. Het jy al ooit opgemerk dat die persoon wat gewoonlik net sy of haar 'twee sent' wil deel, dikwels iets sê wat minder as twee of selfs een sent, werd is? Ons lees in Spreuke: 'Jy sien self daar is meer hoop vir 'n dwaas as vir iemand wat praat sonder om eers te dink' (Spreuke 29:20 NLV).

'n Man het eendag by 'n troeteldierwinkel ingestap, waar 'n kleurvolle papegaai op 'n stokkie gesit het. Die man het vir die papegaai gekyk en snedig gevra: 'Haai, dommie, kan jy praat?' Tot sy verbasing het die papegaai geantwoord: 'Ja, dommie, kan jy vlieg?' Hoekom praat God so baie oor die oortredings van die tong? Omdat wanneer jy met jou tong sondig, jy Hom aanstoot gee, ander mense affekteer en jouself seermaak.

Sielskos: Gen 30:25-31:55; Luk 2:41-52; Ps 74:12-23; Spr 2:7-8

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background