Die Woord vir Vandag
2023-10-20
Jou gebede kan die situasie verander
Geskryf deur Bob and Debby Gass
As jy nie seker is of jou gebede die situasie waarin jy jou tans bevind kan verander nie, lees die verhaal van Moses wat by God intree om nie die Israeliete weens die goue kalf en afgodery te vernietig nie. 'Maar Moses het by die Here gepleit om dit nie te doen nie... Onthou tog dat U 'n ooreenkoms gesluit het met u dienaars Abraham, Isak en Jakob. U het vir hulle belowe: 'Ek sal julle nageslag so baie maak soos die sterre in die lug. Ek sal hierdie land vir julle nageslag gee om vir altyd in te woon.' Die Here het toe afgesien van die ramp wat Hy oor sy volk wou bring' (verse 11, 13-14 NLV).
Moses was op sy knieë vir sy volk se lewens, hy het sy vinger gewys, sy hande opgelig, trane gehuil, sy mantel geskeur en soos Jakob by die spruit, gestoei. Let op hoe hy gebid het. Hy het God aan sy verbondsbeloftes herinner. Hy het op die Woord gestaan! As daar een ding is wat God se aandag sal trek en Hom aan jou behoeftes sal laat voldoen, is dit om op sy Woord te staan.
God se woord oor die saak is altyd sy wil in die saak. 'Dit is die vrymoedigheid wat ons voor God het dat wat ons ook al volgens sy wil vra, Hy na ons luister. As ons dan met die wete leef dat Hy na ons luister, na wat ons ook al vra, weet ons ook dat Hy die versoek wat ons gevra het, sal toestaan' (1 Johannes 5:14-15 NLV).
Jy is soos 'n elektriese draad waardeur God se krag en teenwoordigheid in enige situasie kan vloei en deur gebed skakel jy die skakelaar aan. In plaas daarvan om dus oor die situasie te kla, begin daaroor bid.
Sielskos: 2 Sam 14:21-17:13; Joh 5:1-15; Ps 41; Spr 24:5-6
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






