Die Woord vir Vandag
2019-11-15
Om te gee is 'n beloning op sigself
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Die apostel Paulus het geskryf: '...ek is nie agter julle goed aan nie, maar julle self... Ek sou baie graag alles wou spandeer vir julle lewe, ja, ook myself. As ek julle uitermate liefhet, hoe werk dit dan dat julle my dan minder liefhet?' (verse 14-15 NLV). Paulus het sy grootste vervulling gekry deur te gee, nie te ontvang nie. Vir hom was om te gee sy eie beloning. Vir hom was om suksesvol te wees om ander mense suksesvol te maak. Vir hom was om vreugdevol te wees om vreugde aan ander mense te bring. Dis omdat hy nie na mense vir sy beloning gekyk het nie, maar na God: 'Julle weet mos dat die Here elke mens wat sy werk goed doen, sal beloon...' (Efesiërs 6:8 NLV). Die moeilikste ding vir die meeste van ons is om ons natuurlike neiging om onsself eerste te plaas, te beveg. Dis hoekom dit belangrik is om deurentyd ons beweegredes te ondersoek en seker te maak dat ons nie terug in selfsug vasval nie. As jy jou beweegredes wil ondersoek, volg die voorbeeld wat Benjamin Franklin gestel het. Elke dag het hy vir homself twee vrae gevra. Wanneer hy in die oggend opgestaan het, sou hy vra: 'Wat se goeie dinge gaan ek vandag doen?' Voor hy dan in die aand in die bed klim, sou hy vra: 'Wat se goeie dinge het ek vandag gedoen?' As jy hierdie twee vrae met onselfsugtigheid en integriteit kan beantwoord, kan jy jouself op die regte pad hou. Dit verhoog die lewenskwaliteit van beide die gewer en die ontvanger. Die waarheid is dat daar geen lewe so leeg soos 'n selfgesentreerde lewe is nie en dat daar is geen lewe so gesentreerd is soos 'n lewe wat leeg van jouself is nie.
Sielskos: 2 Kro 12-15; Joh 11:28-37; Ps 50; Spr 26:27-28
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







