Die Woord vir Vandag
2019-11-18
Eindig sterk in die bediening (1)
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Het jy geweet dat meer as die helfte van die mense wat die bediening betree, voor hul aftrede uittree? Hoekom? Daar is baie redes - hier is een van hulle: Hulle besef dat groot openbarings met 'n 'doring' gepaard gaan. Die apostel Paulus, wat die helfte van die Nuwe Testament geskryf het, sê: '...Daarom, sodat ek nie hoogmoedig moet word nie, is aan my 'n doring in die vlees gegee, 'n boodskapper van Satan om my te kasty. Drie maal het ek die Here gesmeek dat dit my moet verlaat. Hy het egter vir my gesê: 'My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.' Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk. Ek is dus tevrede met my swakhede, beledigings, ontberings, vervolgings en benoudhede ter wille van Christus, want wanneer ek swak is, juis dán is ek sterk' (2 Korintiërs 12:7-10 NLV). Pastoor, daar is 168 ure in jou week. Die uur wat jy Sondagoggend op die preekstoel deurbring, stal jou gawes en sterkpunte ten toon. Jou uitdaging sal dus altyd wees om te onthou dat dit God se Woord en God se krag is, nie joune nie, wat lewens verander en die werk gedoen kry. Let op wat Paulus gesê het: '...Daarom, sodat ek nie hoogmoedig moet word nie, is aan my 'n doring in die vlees gegee...' Paulus se doring het in die vorm van 'swakhede, beledigings, ontberings, vervolgings en benoudhede ter wille van Christus' gekom. Wat is jou doring? Jy kan slegs sterk voor mense staan as jy jouself dissiplineer om tyd voor God in gebed en Bybelstudie deur te bring. Dis hoe jy effektief bly en sterk in die bediening eindig!
Sielskos: 2 Kro 19-21; Joh 12:1-11; Ps 76; Spr 27:4-6
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







