Die Woord vir Vandag
2019-12-19
Wye deure/groot uitdagings
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Niks is werklik besonders totdat dit iets wat onoorkomelik gelyk het, bemeester het nie. Paulus skryf: 'Intussen bly ek in Efese tot Pinkster, want hier staan nou 'n wye deur vir my oop en daar is baie mense wat reageer. Daar is egter ook baie teenstanders' (verse 8-9 NLV). Wye deure van geleentheid gaan altyd met groot uitdagings gepaard en elke uitdaging verg groter geloof en volharding. Dink daaroor: as buitengewone sukses maklik was, sou almal dit kon hê. As almal dit kon hê, sou dit nie buitengewone sukses gewees het nie. Hoe word 'n ruspe 'n skoenlapper? Deur die kokon te oorkom. Sou dit nie makliker gewees het om in die warmte en gemak van die kokon te bly nie? Die ruspe dink seker so op dae waar hy sukkel om uit die kokon te kom! Diep binne-in hom weet hy egter wat die prys van vryheid is. Om te kan vlieg en die wêreld te ontdek, verg moeite, ontwikkeling en deurbrake. Daar is nie 'n ander manier nie! Hoekom het Jesus sy dissipels in 'n lewensgevaarlike storm ingestuur? Om hulle te leer om Hom in al die lewe se situasies te vertrou. Hy sou hulle binnekort verlaat, dus het Hy elke ervaring gebruik om hulle vir die toekoms voor te berei. Wat sukkel jy om vandag te oorkom? In plaas daarvan om te kla en vir God te vra om dit weg te neem, sien dit vir wat dit is - voorbereiding. Onthou, jou vlak van voorbereiding dui die vlak van seën wat aan die einde vir jou wag, aan. As God dus deure van geleenthede vir jou oopmaak, wees voorbereid op die uitdagings, omdat jy nie een sonder die ander kan hê nie.
Sielskos: Sag 12-14; Joh 21:15-25; Ps 47; Spr 31:6-9
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







