Die Woord vir Vandag
2019-12-20
Verspreiders van God se seën
Geskryf deur Bob and Debby Gass
God het beloof om Abraham te seën en sy naam vir een rede geëerd te maak - sodat hy vir ander mense 'n seëning kon wees. Jesus het vir sy dissipels geleer om verspreiders van seën te wees en eerste op mense in nood te reageer. Dis hoekom Hy hulle by die wonderwerk proses betrek het; Hy was besig om hulle op te lei. Toe daar vir die skare van vyfduisend kos gegee is, het die wonderwerk van vermeerdering plaasgevind nadat die brood en vis die dissipels se hande verlaat het. Jesus was die bron, hulle was die verspreiders (sien Matteus 14:13-21). Soms herken ons nie ons seëninge nie omdat dit nog in saadvorm is, dus neem ons aan dat ons nie gereed is om verspreiders te wees nie. Dis egter nie so nie. Jesus het gesê: '...God se koningsheerskappy is soos 'n boer wat saad op sy land saai. Dan gaan hy voort met sy ander daaglikse aktiwiteite. Intussen ontkiem en groei die saad - hoe, weet hy self nie mooi nie. Die grond produseer die graan vanself: eers kom die eerste blaartjie uit, dan vorm die aar en uiteindelik sit die volgroeide koringkorrel in die aar. En sodra die koring ryp is, steek die boer die sekel in, want die oestyd is daar' (Markus 4:26-29 NLV). Let die woorde op: 'Intussen ontkiem en groei die saad - hoe, weet hy self nie mooi nie.' In plaas daarvan om te sê: 'Hoe kan God my moontlik gebruik?' begin om bewus te raak van mense se behoeftes. Jy het iets wat God kan gebruik en wanneer Hy dit seën, sal jy verstom oor jou potensiaal staan. Die wonderwerk van die brood en vissies het begin toe iemand gesê het: 'Hierdie mense moet kos kry.' Dis toe dat die dissipels ontdek het dat Jesus dit wat hulle gehad het kon gebruik, selfs al het dit onvoldoende gelyk.
Sielskos: Mal 1-4; Matt 1:1-6a; Ps 128; Spr 31:10-13
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







