Die Woord vir Vandag
2026-08-02
Ervaar elke dag God se teenwoordigheid
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Nicholas Herman was 'n kok in 'n klooster. Hy was bekommerd of hy werklik gered was of nie. Eendag, terwyl hy na 'n boom gekyk het, het hy die waarheid van die Psalmdigter se woorde besef - dat dit in iets anders en dieper as homself gewortel moes wees (sien Psalm 1:1-3). Daardie dag het hy besluit om sy lewe 'n eksperiment te maak in wat hy 'n 'voortdurende stille, geheime gesprek van die siel met God,' genoem het.
Hy is vandag onder die nuwe naam wat sy vriende hom gegee het, bekend: Broer Lawrence. Hy het sy hele lewe lank onbekend gebly en die res van sy dae in die kloosterkombuis deurgebring. Die mense rondom hom het egter gevind dat riviere van lewende water uit hom gevloei het, wat hulle laat begeer het om God ook te ken soos hy Hom geken het. 'Die goeie broer het God oral gevind,' het een van hulle geskryf, 'net soveel wanneer hy gekook het, as wat hy saam met die gemeenskap gebid het.'
Nadat Broer Lawrence gesterf het, het sy vriende 'n boek van sy briewe en gesprekke saamgestel. Dit word Die Beoefening van God se Teenwoordigheid genoem en word as een van die mees geleesde boeke van die afgelope vier eeue beskou. Hierdie kok se boek het baie gewilde kontemporêre romanskrywers oortref, en sy boek is steeds op topverkoperlyste.
Broer Lawrence het gesê: 'Die heiligste en noodsaaklikste praktyk in ons geestelike lewe is die teenwoordigheid van God. Dit beteken om voortdurend bevrediging in sy goddelike geselskap te vind, nederig en liefdevol met Hom in alle seisoene, in elke oomblik te praat, sonder om die gesprek op enige manier te beperk.'
Sielskos: Spr 24:17; Matt 5:43-48; Luk 6:27-36
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







