Die Woord vir Vandag
2026-08-08
Hoe om woede vir jou te laat werk (2)
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Woede maak baie van ons bang, omdat ons al daardeur skade gely het. Woede kan egter 'n bewys wees dat 'n persoon vir iemand of iets omgee. Wanneer julle woede afskakel, elimineer dit julle passie, intimiteit en liefde. Hier is twee maniere om woede vir jou te laat werk:
1) Rig jou woede op die regte teiken. Jou eggenoot is nie die vyand nie; Satan is. Hy kom '...om te steel, dood te maak en te vernietig' (Johannes 10:10 NLV). Hy is die een wat probeer om 'n wig tussen julle in te dryf. Verskuif bewustelik jou fokus van jou eggenoot na die probleem toe. Word byvoorbeeld kwaad vir jou gebrek aan finansies, nie vir jou eggenoot se besteding nie. Word kwaad vir eise wat julle in verskillende rigtings trek, nie vir jou eggenoot wat laat by die werk bly nie. Word kwaad vir die beperkings op intimiteit, nie vir jou eggenoot wat nee vir seks sê nie. Plaas die probleem apart van jou en jou eggenoot. Sien julleself as 'n span wat die probleem saam beveg. Val die probleem aan, nie mekaar nie.
2) Identifiseer die oorsprong. Vind die pyn wat die woede veroorsaak. Soek daarna in jou en jou eggenoot se harte. Watter behoefte word nie vervul nie? Watter wond is blootgelê? Watter skaamte of vrees word opgewek? Wanneer jy die pyn identifiseer, sal jy myle nader aan die oplossing wees. Wees egter versigtig! Deur kwesbaar te wees, kan julle mekaar soms seermaak; erken dit en vergewe mekaar vinnig wanneer dit gebeur. Om by mekaar betrokke te bly wanneer julle kwesbaar is, sal die vlak van julle intimiteit soos niks anders kan nie, verhoog.
Omarm dus woede as God se geskenk en leer hoe om dit vir jou te laat werk.
Sielskos: 1 Kro 26:20-29:30; Mark 4:26-41; Ps 119:25-32; Spr 20:25-27
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







