Die Woord vir Vandag

2026-08-11

'Deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan'

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Romeine 12:21 NLV

Tydens die Koreaanse Oorlog is 'n Suid-Koreaanse burger deur die kommuniste in hegtenis geneem. Toe die jong kommunistiese leier uitvind dat hy die hoof van 'n weeshuis is, het hy egter besluit om sy lewe te spaar. In plaas daarvan het hy beveel dat die man se seun tereggestel moet word. Die negentienjarige seun is in die teenwoordigheid van sy vader geskiet. Na die oorlog is die jong kommunistiese leier deur die Verenigde Nasies gevange geneem en ter dood veroordeel.

Voordat die vonnis egter voltrek kon word, het die Christen wie se seun doodgemaak is, vir die lewe van die moordenaar gepleit. 'Gee hom vir my,' het die man gevra, 'en ek sal hom oplei.' Hoe ongewoon dit ook al was, het die Verenigde Nasies sy versoek toegestaan en die vader het sy seun se moordenaar in sy eie huis ingeneem en vir hom gesorg. Deur aan die liefde van God blootgestel te word, het daardie jong kommunistiese leier 'n Christen en uiteindelik die pastoor van 'n kerk geword.

Is jy al seergemaak, verraai of onregverdig behandel? In plaas daarvan om in woede terug te veg, hanteer dit Skriftuurlik: 'Moenie vir enigiemand kwaad met kwaad terugbetaal nie... julle moet julleself nie wreek nie. Laat die straf aan God oor. Daar staan mos in die Skrif: 'Dit is mý reg om te straf; Ek sal vergeld, sê die Here'... Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan' (Romeine 12:17, 19, 21 NLV).

Sielskos: 2 Kro 5-7; Mark 5:11-20; Ps 119:41-48; Spr 21:1-3

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background