Die Woord vir Vandag
2026-08-12
Sleutels tot geestelike groei
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Hoe kan jy geestelik groei? Deur die volgende vyf dinge te doen:
1) Herontdek die Bybel. Jy sal nooit geestelik groei sonder om jou gedagtes in die Skrif te verdiep nie. Toe Jesus vir die duiwel gesê het: '...'n Mens het meer as brood nodig om van te lewe. Wat jy eintlik nodig het, is om te leef van elke woord uit God se mond' (Matteus 4:4 NLV), het Hy 'n vers uit Deuteronomium aangehaal wat Hy gememoriseer het. As Jesus die Skrif nodig gehad het, het jy dit ook nodig.
2) Hervat jou gebedslewe. Charles Spurgeon het gesê: 'Net soos jy nie kan verwag dat 'n plant sonder lug en water moet groei nie, so kan jy nie verwag dat jou hart sonder gebed en geloof moet groei nie.' Wanneer jy begin bid dat God bonatuurlik in jou lewe moet optree, sal jy wonderwerke begin sien gebeur.
3) Skakel weer met God se mense. 'Laat ons voortdurend aandag gee aan mekaar - oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot 'n meer kragdadige beoefening van liefde en goeie dade... Kom ons moedig mekaar aan...' (Hebreërs 10:24-25 NLV).
4) Weerstaan jou sondige gewoontes. 'Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir 'n uitweg sorg sodat julle kan volhou' (1 Korintiërs 10:13 NLV). Kies altyd God se 'uitweg.'
5) Belê in ander. God het 'n plek vir jou gereed gemaak om te dien en in mense te belê. Maak 'n kwaliteitsbesluit dat jy nie net in die kerk gaan sit en die een preek na die ander gaan luister nie; maar dat jy gaan begin optree volgens wat jy geleer het.
Sielskos: 2 Kro 8-11; Mark 5:21-30; Ps 119:49-56; Spr 21:4-6
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







