Die Woord vir Vandag

2026-08-13

Evalueer jou verwagtinge

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Psalm 62:6 AFR53

Ons almal het verwagtinge van ander mense. Baie keer is ons dalk nie heeltemal bewus van ons verwagtinge nie, of ons druk dit nie duidelik uit nie, of ons erken nie dat dit onrealisties is nie. Daarom kan dit ons baie frustreer. Mislukte verwagtinge sal altyd stres veroorsaak. Ongelukkig is sommige van die skadelikste verwagtinge dié wat ons van onsself het. 'Ek behoort drie kinders groot te maak, elke aand aandete op die tafel te hê, tien uur per dag te werk en perfek te lyk wanneer my man deur die deur stap.'

Maak 'n lys van jou belangrikste verwagtinge. Begin met die belangrikste mense in jou lewe en maak dan 'n lys van jou belangrikste verwagtinge van elke persoon. Probeer objektief wees of dit realisties is of nie. Maak seker dat jy die oorsprong of kernrede vir 'n verwagting verstaan. Het jy hierdie verwagtinge duidelik gemaak? Indien nie, hoekom nie? Vrees jy verwerping? Wat is die ergste wat kan gebeur? Is jy bereid om oor sommige van jou verwagtinge te onderhandel? Daar kan gevalle wees waar jy sekere verwagtinge moet uitskakel om jou eie vrede te bewaar.

Die Psalmdigter het geskryf: 'Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!' Dit beteken dat jy dalk minder van mense en meer van God sal moet verwag. Moenie jouself blootstel om in frustrasie te lewe nie. Bring jou verwagtinge voor God en laat Hy hulle beoordeel. Laat Hy die onrealistiese uitskakel en jou die moed gee om dié wat gekommunikeer moet word, uit te druk. Vertrou God om die harte van diegene wat betrokke is, te beïnvloed sodat jou verwagtinge nie 'n bron van frustrasie vir jou of hulle word nie.

Sielskos: 2 Kro 12-15; Mark 5:31-43; Ps 119:57-64; Spr 21:7-9

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background