Die Woord vir Vandag

2026-08-14

Vertel die hele wêreld van Jesus

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Jesaja 6:8 NLV

Een van die geskiedenis se grootste rampe het in 1271 plaasgevind. Daardie jaar het Niccolo en Matteo Polo, die vader en oom van Marco Polo, Kublai Khan besoek wat op daardie stadium as die wêreldheerser beskou is - met gesag oor die hele China, Indië en die hele Ooste. Kublai Khan was aangetrokke tot die verhaal van Christus soos Niccolo en Matteo dit aan hom oorvertel het. Hy het vir hulle gesê: 'Julle moet na julle hoëpriester gaan en hom namens my sê om vir my honderd manne te stuur wat vaardig in julle godsdiens is, en ek sal gedoop word. Wanneer ek gedoop is, sal al my baronne en groot manne gedoop word en hulle onderdane sal ook gedoop word. So sal daar meer Christene hier wees as in julle deel van die wêreld.'

Verbasend genoeg is daar egter niks gedoen in reaksie op Kublai Khan se versoek nie. Eers na dertig jaar is 'n handjievol sendelinge gestuur. Dit was te min, te laat! Christelike leiers in die Weste het blykbaar nie die visie gehad om te sien hoe die Ooste vir Christus gewen kon word nie. Dis verstommend om te dink aan die maniere waarop die wêreld vandag anders sou kon wees as die dertiende-eeuse China, Indië en die ander gebiede van Asië, Christelik geword het. Nou is dit egter ons verantwoordelikheid!

Jy vra: 'Wat kan ek doen? Ek is net een persoon.' Jy kan drie dinge doen: 1) 'Hierdie oes is die Here s'n. Vra Hom dan om werkers vir sy oesland te voorsien' (Matteus 9:38 NLV). 2) Gee, sodat die ongereddes met die evangelie bereik kan word (sien 2 Korintiërs 9:7). 3) As God jou roep, gaan! "...Ek het geantwoord: 'Here, ek sal gaan! Stuur my!'"

Sielskos: 2 Kro 16-18; Mark 6:1-13; Ps 119:65-72; Spr 21:10-13

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background