Die Woord vir Vandag

2026-08-16

Verstaan God se koningsheerskappy

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Lukas 17:21 NLV

God se koningsheerskappy is toekomstig, ewig en hemels. Wanneer Christus terugkeer om sy koninkryk op aarde te vestig, sal die volgende profesie vervul word: '...Die koninklike heerskappy oor die wêreld behoort nou aan ons Here en sy Christus, en Hy sal as koning heers vir altyd' (Openbaring 11:15 NLV). Wat 'n glorieryke dag sal dit nie vir al God se verloste kinders wees nie. Tot dit egter plaasvind, sê Jesus: '...die koningsheerskappy van God is hier by julle.' Dit beteken dat jy as 'n wedergebore gelowige wat in hierdie wêreld leef, geroep is om te demonstreer wat dit beteken om onder die heerskappy van die Koning van konings en die Here van heersers te leef.

Winston Churchill het geskerts: 'Democracy is the worst form of government, except for all those other forms that have been tried.' Alle menslike regerings is gebrekkig en uiteindelik bestem om te misluk, omdat dit uit gebrekkige mense bestaan. Dus, as burgers van die koninkryk van God, word ons geroep om die 'lig' te wees wat die duisternis verlig en onkunde verdryf, en die 'sout' te wees wat die lewens van diegene met wie ons in aanraking kom, geurig maak, reinig, genees en verryk (sien Matteus 5:13-14).

Ons word geroep om die beginsels van God se koninkryk op die markplein van die lewe uit te oefen. Of jy nou in die onderwys, vervoer, medisyne, politiek, landbou, verkope, of vervaardiging werk, jy word geroep om die voordele van 'n lewe onder die heerskappy van Christus en deur die leiding van sy inwonende Heilige Gees, te demonstreer. '...Die koninklike heerskappy oor die wêreld behoort nou aan ons Here en sy Christus...' Wanneer Christus terugkeer, sal hierdie belofte ten volle vervul word. Tot dan, het Jesus gesê: '...Gaan doen besigheid daarmee totdat ek terugkom' (Lukas 19:13 NLV).

Sielskos: Eks 15:26; Ps 103:1-5; 1 Pet 2:24

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background