Die Woord vir Vandag
2026-08-25
Gebed maak die wêreld se verskil
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Die kardioloog dr Randolph Byrd, wat 'n christen was, het baie daarin belang gestel om te weet of gebed 'n 'wetenskaplik meetbare' impak op genesing het. Hy het gesê: 'Na baie gebed het die idee van hoe om dit te meet by my opgekom.' Oor 'n tydperk van tien maande het 'n rekenaar 393 pasiënte in die kardiologiese sorgeenheid by die San Francisco Algemene Hospitaal aan een van twee groepe toegewys. Gebedsgroepe het vir die eerste groep gebid. Die tweede groep is nie voor gebid nie. Die gebedsgroepe het uit verskeie Christelike denominasies bestaan. Hulle het slegs die voorname van die pasiënte en kort beskrywings van hul diagnose en toestand gekry. Daar is elke dag vir hulle gebid. Die pasiënte waarvoor gebid is, het op die volgende maniere van dié waarvoor nie gebid is nie, verskil:
1) Hulle was vyf keer minder geneig om antibiotika nodig te kry.
2) Hulle was drie keer minder geneig om vloeistof in die longe te ontwikkel.
3) Nie een van hulle moes aan 'n ventilator gekoppel word nie.
4) Minder van hulle het gesterf.
As dit 'n nuwe middel of prosedure was wat bestudeer is, sou hierdie as 'n deurbraak beskou geword het. Selfs dr William Nolan, die skrywer van 'n boek wat geloofsgenesing veroordeel, het gesê: "Dit klink asof hierdie studie ondersoek moet word. Miskien behoort ons dokters op ons voorskrifte te skryf: 'Bid drie keer per dag.'" Ons lees in die Ou Testament: "'Ek sal jou gesond maak en jou wonde genees,' sê die Here..." (Jeremia 30:17 NLV). Jakobus skryf in die Nuwe Testament: 'En 'n gelowige gebed sal die siek mens gesond laat word; die Here sal hom laat opstaan... Daarom moet julle... vir mekaar bid sodat julle gesond kan word' (Jakobus 5:15-16 NLV).
Sielskos: 2 Joh; 3 Joh; Judas; Mark 8:27-38; Ps 119:137-144; Spr 22:11-13
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







