Die Woord vir Vandag

2026-08-26

'Gryp die gedagte en gooi dit in die asblik'

Geskryf deur Bob and Debby Gass

2 Korintiërs 10:5 NLV

Max Lucado het geskryf: "'n Ruk terug het 'n ma my gevra om vir haar agtjarige seun te bid. Hy is gedurig deur beelde en skrikwekkende visioene geteister wat hom teruggetrokke en skugter gelaat het. Dit het selfs sy slaap beïnvloed. Die dag wat ons ontmoet het, het sy oë vol trane geskiet en hy het aan sy ma vasgeklou. Sy het hom na dokters toe geneem, maar niks het gehelp nie. Ek het vir hom gesê dat die duiwel geen gesag oor sy lewe het nie. Dat die ware geveg in sy gedagtes gevoer moet word. Dat God ons sal help om elke gedagte gevange te neem. Ek het hom aangespoor om 'n Bybelvers te memoriseer en dit elke keer wanneer die vreesaanjaende gedagtes by hom opkom, aan te haal.

'Steek jou hand uit,' het ek hom aangemoedig, 'en gryp die gedagte en gooi dit in die asblik. Vervang dit dan dadelik met 'n vers uit die Skrif.' Ons het hom toe met olie gesalf en vir hom gebid. Vyf dae later het sy ma laat weet dat hy groot vordering gemaak het. 'Sedert verlede week is die beelde weg; hy sien hulle nie meer nie. Hy sê elke aand hierdie Skrifgedeelte uit Psalm 25:5 (NLV) op: 'Lei my deur u waarheid en leer my, want U, o God, is my redder...' Ek glo dit het hom nader aan Christus gebring.

Hy gebruik die strategie om die vreesaanjaende gedagtes in die asblik weg te gooi. Hy sê toe hy eers probeer het om die gedagtes weg te gooi, het dit sy kop seergemaak. Ek het gevra: 'Hoe het hulle dan weggegaan?' Hy het geglimlag en gesê: 'God het hulle laat weggaan.'" Die woord vir jou vandag is dus: 'Gryp dit en gooi dit in die asblik.'

Sielskos: Josua 1-4; Mark 9:1-13; Ps 119:145-160; Spr 22:14-16

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background