Die Woord vir Vandag

2026-10-23

Hoe om in 'n vyandelike gebied te floreer (1)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Josua 5:9 NLV

Luister na dagstukkie

Toe Israel die Beloofde Land binnegegaan het, was daar een-en-dertig konings wat verower moes word. Dit beteken dat hulle in 'n vyandelike gebied sou moes woon. God het vir Josua gesê om die Israeliete te besny (Josua 5:2 NLV). Toe dit klaar was, het die Here gesê: 'Ek het julle vandag bevry van die vernedering van Egipte.' Die 'vernedering van Egipte' was die vernedering van slawerny wat hulle 400 jaar lank verduur het; nou was dit tyd om hul eersgeboortereg as God se uitverkore volk op te eis. Die besnydenis was dus 'n simboliese skeiding van die verlede en 'n verklaring van 'n nuwe identiteit: nie meer 'n slaaf nie, maar vry.

Wat van jou ou versoekings, welluste en tekortkominge? God het jou uit hulle mag bevry! Toe Christus gesterf het, het jy gesterf. Toe Christus begrawe is, is jy begrawe. Toe Christus uit die dood opgestaan het, het jy saam met Hom opgestaan. '...wat julle vroeëre leefstyl betref, [moet julle] die ou, sondige mens soos vuil klere... uittrek... Ja, trek die nuwe mens soos skoon klere aan...' (Efesiërs 4:22, 24 NLV).

Satan word 'die versoeker' en 'die aanklaer' genoem. Wanneer hy in enige van dié twee rolle voor jou staan, sê vir hom: 'Ek is teen 'n duur prys gekoop. Ek behoort aan God' (sien 1 Korintiërs 6:20). 'Ek is nie 'n gees van skugterheid gegee nie, maar een van krag en liefde en selfbeheersing' (sien 2 Timoteus 1:7). 'Ek kan nie van God se liefde geskei word nie' (sien Romeine 8:35). 'Ek kan op die regte tyd God se deernis en onverdiende goedheid ontvang' (sien Hebreërs 4:16). 'Ek kan onder alle omstandighede regkom deur Hom wat my krag gee' (sien Filippense 4:13).

Sielskos: Jes 8-11; Joh 6:25-34; Ps 85; Spr 27:20-22

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background