Die Woord vir Vandag

2021-12-20

Bid vir goeie oordeel (3)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Hebreërs 5:14 NLV

In die 1940's het Switzerland 80 persent van die wêreld se horlosies vervaardig. Toe 'n uitvinder in die 1960's 'n konsep vir 'n nuwe tipe horlosie aan die leiers van 'n Switserse maatskappy voorgelê het, het hulle dit verwerp. Al die ander Switserse maatskappye wat die uitvinder genader het, het dieselfde gedoen. Die uitvinder het egter geglo dat daar meriete aan sy ontwerp is en het dit aan 'n maatskappy in Japan gaan voorlê. Die naam van daardie maatskappy was Seiko, die ontwerp van die horlosie was digitaal en raai wat? Vandag is 80 persent van die horlosies wat wêreldwyd verkoop word, digitaal van aard.

Een besluit wat deur goeie oordeel gedryf word, kan die koers van jou lewe verander en ander mense seën. Een kundige sê: 'Slim leiers glo net die helfte van dit wat hulle hoor. Leiers met goeie oordeel weet watter helfte om te glo.'

Hier is twee dinge wat jy van Godgegewe oordeelsvermoë moet weet: 1) Dit word deur die Skrif gevorm. 'Mense wat nog van melk leef, kan nie werklik saampraat oor die Christelike lewe nie... Vaste kos is bedoel vir grootmense [geestelik volwasse mense] - vir hulle wat in die skool van die lewe ingeoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei' (verse 13-14 NLV).

2) Dit word deur gebruik ingeoefen. Hoe meer jy dit gebruik, hoe meer gesout word jy daarin. Sal jy soms oordeelsfoute maak? Ja, maar soos enige spier sal dit sterker word hoe meer jy dit oefen. Hier is nog 'n gedagte. Die Bybel verwys na die vermoë om onderskeid tussen geeste, houdings en motiverings te kan tref (sien 1 Korintiërs 12:10). Wat 'n wonderlike voordeel om in die lewe te hê!

Sielskos: Sag 9-11; Joh 21:1-14; Ps 12; Spr 31:1-5

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background