Spektrum
3 October 2020
Al jou Spektrum hoogtepunte saam met Johann Els kan jy hier vind of op iono.fm
Spektrum sluit alles in wat enige gelowige nodig het om in hulle lewens saam met die Here te floreer. Spektrum verskaf inspirasie deur ‘n verskeidenheid bedieningsleiers, insiggewende onderhoude, kompetisies en selfs kooklesse saam Tannie Poppie! Dan is daar ook die dag se nuushooftrekke terwyl jy terug bestuur huis toe, asook jou weer- en verkeersverslae. Johann se teologiese insig, sy sin vir humor en sy smaak in musiek is sy handelsmerk die afgelope ‘103 jaar’ soos hy self sou sê!
Spektrum is propvol humor, inligting en getuienisse. Die doel van die program is om luisteraars op hoogte te hou, te bemoedig en te inspireër. Johann fokus ook op huidige gebeure in Suid-Afrika. Dit bring ‘n goddelike perspektief, hoop en waarheid uit die Woord van God. Een van sy hoogtepunte is die insiggewende onderhoude met verskillende mense uit alle sektore van die samelewing.
Spektrum – Inspirerende Boodskappe
Spektrum bring ook ‘n goddelike perspektief, hoop en waarheid uit die Woord van God.
Spektrum Onderhoud Hoogtepunte
Insiggewende en lewensveranderlike onderhoude met verskillende mense uit alle sektore van die samelewing.
Kalahari Stories
Donderdae gedurende Spektrum vertel die befaamde storieverteller, HJ Cronjé, vir ons een van sy Kalahari stories. Sy getuienis verhale het ‘n geestelike boodskap, maar word vertel in daardie unieke styl wat mens slegs daar op die kaal vlaktes kan optel. Heerlike luistergenot!

