Die Woord vir Vandag

2022-08-28

Begin jou dag op die regte manier

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Genesis 19:27 NLV

Abraham het as 'vriend van God' (Jakobus 2:23 NLV), bekend gestaan. Wat 'n eer! Sy geheim word egter dikwels misgekyk: 'Dié oggend het Abraham vroeg opgestaan en hom gehaas na die plek waar hy by die Here gestaan het.' Hy het sy dag met God begin. Doen jy dieselfde? Die manier wat jy in die oggend opstaan, gee die toon vir die res van jou dag aan.

Probeer dus die volgende: Bestee moreoggend heel eerste vir 'n paar minute alleen tyd met God en gaan saam met Hom oor jou planne vir die dag. Soos jy dit met Hom bespreek, sal jy 'n paar besorgdhede hê. Gee dit eenvoudig vir Hom. Miskien sal jy oplet dat daar 'n spesifieke probleem is waaroor jy bekommerd is. Vra Hom dus vir wysheid. Die Bybel sê Hy sal dit met graagte vir jou gee (sien Jakobus 1:5). As Hy jou nie 'n onmiddellike antwoord gee nie, besef dat Hy wil hê dat jy op Hom moet vertrou. Hy het iets in gedagte, iets waaraan jy nog nie gedink het nie.

So baie van ons begin ons dae angstig, gejaagd of vreesbevange. Jy hoef egter nie. Jy gaan jou dag in elk geval moet begin; so hoekom betrek jy nie God voor wie al ons bekommernisse vlug nie? Wanneer jy 'n slegte dag het, stop en vra jouself af: 'Het ek hierdie dag met God begin, of het ek vergeet om Hom te betrek?' Hier is twee Skrifgedeeltes wat jy moet oorweeg: 'Here, in die oggend sal U my stem hoor. Soggens bring ek my versoeke vol verwagting na U toe' (Psalm 5:4 NLV). 'Vul ons met u genade in die oggend, dan sing ons van vreugde al ons dae' (Psalm 90:14 NLV).

Sielskos: Gen 11:1-9; Fil 2:1-11

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseรซn het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background