Die Woord vir Vandag
2022-08-29
Het jou liefde vir God koud geword?
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Een van Paulus se eerste briewe was aan die kerk in Efese. Hulle was geestelik, hulle leerstellings was gesond en hulle was 'n voorbeeld in hul liefde vir Christus. Tog sê Jesus jare later vir daardie selfde kerk: 'Maar Ek het hierdie klag teen jou: dat jy jou eerste liefde versaak het. Dink terug aan hoe ver jy uitgesak het en kom tot inkeer, en doen weer wat jy aan die heel begin gedoen het...' (verse 4-5 NLV).
Het jou liefde vir God koud geword? Dan moet jy teruggaan na waar jy Hom die eerste keer ontmoet het, voor die druk van die lewe jou begin aftakel het. 'Maar ek is besig om die Here se werk te doen,' sê jy. Pasop: jy kan te besig wees om vrugte te dra! Drie keer het Jesus vir Petrus gevra: '...'het jy My lief?'... hy antwoord Jesus: 'Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet'...' (Johannes 21:17 NLV). Oswald Chambers het gesê: 'Pasop vir enigiets wat met lojaliteit aan Jesus Christus meeding. Die grootste mededinger van toewyding aan Jesus, is diens vir Hom.'
Toe Petrus besluit het om daardie aand te gaan visvang, mag hy dalk 'n besluit geneem het om weg te kom van alles af en terug te gaan na daar waar hy die eerste keer die Here ontmoet het. Dis 'n goeie plek, indien jy die Here daar gaan soek! Wanneer jy moedeloos raak, sal jy óf teruggaan na die Een wat kan red, behou en bevredig, óf jy sal teruggaan na wat ook al in jou lewe aangegaan het voordat jy Hom ontmoet het. Dis nie 'n goeie skuif nie! Hoekom nie? Omdat die Bybel sê dat Petrus die hele nag visgevang het en niks gevang het nie.
Sielskos: Gal 1-3; Mark 8:27-38; Ps 119:145-160; Spr 19:1-2
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za




