Die Woord vir Vandag

2022-09-01

Moenie afwysend wees nie

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Spreuke 13:10 NLV

Hoekom wys ons insette wat ons kan help, af? Soms is dit om ons ego teen 'n pynlike waarheid te beskerm. Wanneer ons 'n ingeburgerde opinie het, neem ons 'n afwysende benadering teenoor ander mense se denkwyses aan. Ons maak dan nie net hulle nie, maar ook onsself, seer. 'Dis beter om 'n jongmens te wees wat arm en verstandig is, as om 'n koning te wees wat oud en dwaas is en van niemand raad aanvaar nie' (Prediker 4:13 NLV). Ja, jy het areas van kundigheid. Jy het egter ook areas waar jy raad nodig het. Die dag wat jy besluit om op te hou luister, is die dag wat jy besluit om op te hou groei.

Thomas Carlyle het gesê: 'Elke mens is my meerdere in die opsig dat ek van hulle kan leer.' Selfs as dit wat jy leer negatief is, of 'n les is in wat om nie te doen nie, is dit steeds waardevolle informasie wat jou kan beskerm en verryk.

Dr John Maxwell sê: 'Wat is die een ding - meer as enigiets anders - wat die groei van 'n organisasie sal bepaal? Die groei van mense in die organisasie. Wat bepaal die mense se groei? Die leier se groei! So lank as wat mense jou volg, sal hulle slegs in staat wees om so ver te gaan soos wat jy gaan. As jy nie groei nie, sal hulle nie groei nie - of hulle sal êrens anders gaan waar hulle kan groei.'

Daar is 'n verhaal van 'n boer wat sy donkie by die Kentucky Derby ingeskryf het. 'Jou donkie staan nie 'n kans teen al daardie volbloedperde nie,' het 'n resiesbeampte vir hom gesê. 'Ek weet,' het hy geantwoord, 'maar ek het gedink die uitgelese geselskap sal hom bietjie goed doen.' Jy het die regte geselskap en insette nodig om te kan groei.

Sielskos: Klaag 3:40-5:22; Mark 9:30-37; Ps 84; Spr 19:11

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseƫn het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background